On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Ses in NK vas vir veediefstal

───   ELSABÉ RICHARD 14:45 Wed, 13 Jan 2021

Landbounuus-podcast: Ses in NK vas vir veediefstal | News Article
Stock theft. File image

Die polisie in Olifantshoek in die Noord-Kaap het ses verdagtes tussen die ouderdomme van 25 en 35 jaar in hegtenis geneem weens beweerde veediefstal.


Die inhegtenisname volg nadat die polisie die gebied gepatrolleer het om te verseker dat Covid-19-regulasies nagekom word. Hulle het 'n voertuig met 'n sleepwa gestop. Polisiewoordvoerder, Dimakatso Mooi, sê die verdagtes het nie 'n permit gehad om na-ure op die pad te wees nie. Vier skape was met toue op die sleepwa vasgebind. Mooi sê die verdagtes kon nie verduidelik waar hulle die skape gekry het nie. 'n Voorlopige ondersoek het bevind dat die skape in Upington gesteel is. Die verdagtes sal na verwagting in die Oliphantshoek-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is. Die polisieondersoek duur voort.

Karkaspryse van vleis en kleinhandelpryse van produkte is al jare lank 'n kwessie van bespreking. Luidens Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, is produsente van mening dat die winkelpryse dikwels vinniger styg as wat die karkaspryse styg, en hulle dus oor tyd uitgebuit word aangesien die winsgrense hoër raak. Hy voeg by dat die universiteit in die verlede 'n studie gedoen het waar daar gevind is dat in die geval van bees- en skaapvleis, daar nie regtig abnormale hoë marges is nie en dat die pryse, indien jy 'n reeks produkte met die karkaspryse vergelyk, eintlik baie goed tred hou met karkaspryse. Maré verduidelik dat dit beteken dat kleinhandelpryse gedurende hierdie tyd baie vinniger gestyg het as wat die karkaspryse gestyg het.

EN

Warm toestande het die afgelope naweek oor groot dele van die somerreëngebied voorgekom, maar versuiptoestande kom in dele van Noordwes en die Oos-Vrystaat voor. Luidens Landbouweekblad, heers daar terselfdertyd droogtetoestande oor veral die binneland van die Oos-Kaap en aangrensende dele
van die Wes-Kaap, asook dele van die Noord-Kaap. Baie somergraanboere ervaar baie nat toestande. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê vooruitsigte lyk baie gunstig vir verdere swaar reën in die laaste deel van Januarie en die eerste deel van Februarie oor bykans die hele somerreëngebied van Upington in die weste tot verby Ermelo in die Ooste. Die La Niña-stelsel, wat van verlede jaar af heers, het nou sy hoogtepunt bereik en weermodelle dui aan dat dié weerpatrone in die volgende paar maande gaan oorheers.



OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.