Agriculture
Landbounuus-podcast: 'Boere moet lewendehawe inent'─── ELSABÉ RICHARD 11:35 Thu, 28 Jan 2021
Boere word daaraan herinner om lewendehawe teen slenkdalkoors in te ent.
Die woordvoerder van die Departement van Landbou, Reggie Ncobo, verduidelik dat slenkdalkoors 'n ernstige virussiekte is wat versprei word deur muskiete wat die siekte van besmette diere na gesonde diere oordra. Die virussiekte kan aborsies en vrektes veroorsaak by beeste, skape en bokke. Mense wat in kontak kom met die bloed en ander liggaamsvloeistowwe van besmette diere, kan ook slenkdalkoors opdoen. Daarmee saam voeg hy by dat enige vermoede van dié virussiekte onmiddellik by die naaste staatsveearts aangemeld moet word. Intussen het die Vrystaatse LUR vir Landbou, William Bulwane, boere ook opnuut gewaarsku oor die moontlike uitbraak van slenkdalkoors.
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R42,25 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,12 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,28 per kg verkoop.
EN
Die publiek word uitgenooi om die tiende herdenking van die eerste wynoes op Suid-Afrikaanse bodem, wat 362 jaar gelede plaasgevind het, virtueel by te woon. Isabau Botha, korporatiewe kommunikasiebestuurder by Agri Expo deel dat die virtuele gebeurtenis op Dinsdag, 2 Februarie plaas sal vind soos in 1659 deur Jan van Riebeeck in sy dagboek aangeteken. Sy sê die jaarlikse Wynoesherdenkingsgeleentheid vind vir die tiende keer by Suid-Afrika se oudste wynlandgoed, Groot Constantia, plaas.
OFM-nuus
