On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK vloedvalle hopelik eersdaags herstel

───   ELSABÉ RICHARD 15:52 Fri, 29 Jan 2021

Landbounuus-podcast: NK vloedvalle hopelik eersdaags herstel | News Article

Die vloedwalle by die Benede-Oranjerivier kan eersdaags herstel word nadat Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Agri Noord-Kaap beloof het dat sy ondersoek sal instel na die nodige finansiering.


Landbou.com berig die projek wat in 2011 aangepak is nadat boere skade van R1,3 miljard gely het, is nog nie voltooi nie. Altesaam R950 miljoen is bestee om 325km se vloedwalle te bou en 70km moet nog voltooi word. Agri Noord-Kaap het met Didiza vergader om die vloedwalleprojek weer aan die gang te kry in ’n poging om grootskaalse oorstromings te voorkom en om te verhinder dat toekomstige oorstromings die werk wat reeds gedoen is, ongedaan maak.

Intussen sê die Noord-Kaapse Departement van Landbou die provinsie het bo-normale reënval ontvang en waarsku dat dit gunstig is vir muskiete, wat die slenkdalkoorsvirus oordra, om uit te broei. Woordvoerder vir die departement, Zandisile Luphahla, sê in baie gevalle veroorsaak slenkdalkoors aborsies en vrektes by beeste, skape en bokke. Hy sê die provinsiale LUR, Mase Manopole, waarsku dus alle boere om hulle lewendehawe voor Maart en April teen slenkdalkoors in te ent wanneer die oordrag van die virus 'n hoogtepunt bereik.

Die nuwe onteieningswetsontwerp bedreig alle Suid-Afrikaners se regte op eiendom. Dit is die mening van Vrystaat Landbou (VL) ná die onlangse publikasie oor die Wetsontwerp op Onteiening. Die organisasie sê in 'n verklaring spesifiek die eiendomsreg van arm en gemarginaliseerde gemeenskappe sal ondermyn word. Volgens VL-president, Francois Wilken, is dit belangrik om te verstaan dat die verklaarde doelstellings van die nuwe Wetsontwerp op Onteiening daarop gemik is om die staat toe te laat om enige eiendom sonder vergoeding te teiken en te onteien. VL is besig om 'n volledige verslag op te stel om te dien as reaksie op die regering se versoek om kommentaar op die Wetsontwerp op Onteiening. Die geleentheid vir skriftelike openbare insette oor die Wetsontwerp op Onteiening sluit op 10 Februarie. VL doen 'n beroep op alle besorgde persone om hul stemme teen die wetsontwerp te laat hoor.

EN

Agri SA het die aanstelling van Andrea Campher, as lid van die Raad vir Ramphulpfondse, verwelkom. Campher was aktief betrokke by die administrasie van droogtehulp ter waarde van ongeveer R27 miljoen wat aan provinsiale affiliasies beskikbaar gestel is, sowel as Agri SA se Surplus-voedselhulpveldtog waardeur meer as 400 ton se voedselhulp laas jaar aan hongergeteisterde gemeenskappe regoor Suid-Afrika versprei is. Die aanstelling is van krag vanaf 1 Februarie. Die doel van die raad is om humanitêre verligting aan persone, organisasies en liggame te verleen wat skade ly as gevolg van 'n ramp. Agri SA sê in 'n verklaring Campher bestuur tans die organisasie se risiko- en rampeenheid, asook die voorgenome oprigting van Agri SA se Ramphulpstigting.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.