On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Wynbedryf verheug

───   ELSABÉ RICHARD 13:56 Tue, 02 Feb 2021

Landbounuus-podcast: Wynbedryf verheug | News Article

Die wynbedryfliggaam Vinpro is verheug dat wynondernemings weer kan begin handel dryf met die onmiddellike opheffing van die verbod op plaaslike drankverkope.

Die organisasie sê egter in 'n verklaring dat dit voortgaan met verskeie aksies om die bedryf se volhoubaarheid op die lang termyn te verbeter. Die wynbedryf het sedert Maart 2020 reeds 'n algehele verlies van meer as R8 miljard uit plaaslike verkope gely en die voortbestaan van kelders, wyndruifprodusente en die lewensbestaan van 27 000 werknemers in die wynbedryfwaardeketting word bedreig. OFM-nuus se Elsabé Richard berig Rico Basson, Vinpro-bestuurshoof, sê hoewel hulle bly is dat besighede weer '? inkomste kan verdien, lê 'n baie lang en moeilike herstelpad vir wynverwante ondernemings voor - en is dit selfs vir sommige besighede te laat.

Agri Wes-Kaap bedank alle skenkers wat dit moontlik gemaak het dat R4 miljoen se droogtehulp in 2020 aan produsente in die provinsie gelewer kon word. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê danksy bydraes tot die Agri Wes-Kaap Droogtehulpfonds kon die organisasie voer versprei wat uit die fonds aangekoop is en wat aan produsente in droogtegebiede geskenk is.

Indien jy kan hulp verleen of graag by droogtehulpprojekte wil betrokke raak, besoek ofm.co.za, kliek op “read” en blaai af na die “featured pages” afdeling regs, daar sal jy die Agri Aid blad vind met verskeie skakels na hulporganisies wat jy kan ondersteun. Vir die jongste nuus, volg die hutsmerk #LandbouHoop.

EN

'n Besluit of vanjaar se Nampo-oesdag in 'n fisiese formaat sal voortgaan, sal tydens 'n vergadering op Donderdag geneem word. Die meerderheid groot landbouskoue, soos Nampo, is verlede jaar afgelas weens Covid-19-verwante inperkingsregulasies. Die 2020-byeenkoms, wat in Mei op Nampo Park naby Bothaville in die Vrystaat sou plaasvind, is aanvanklik tot Augustus uitgestel, maar uiteindelik gekanselleer. Dit is vervang deur die eerste Nampo Virtual, wat in September plaasgevind het en as 'n aanlyn-geleentheid aangebied is. Volgens Toit Wessels, assistentbestuurder vir Nampo en bemarking by Graan SA, is 'n opname aan uitstallers gestuur om vas te stel of hulle 'n fisiese formaat vir die 2021-byeenkoms sou verkies, en die resultate sal na verwagting 'n duideliker beeld vir die raad gee.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.