Agriculture
Landbounuus-podcast: Wolmark mag sywaarts beweeg─── ELSABÉ RICHARD 11:17 Fri, 05 Feb 2021
Die Rand mag moontlik teen die vernaamste geldeenhede versterk.
Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê met die gesamentlike effek van die Chinese Nuwejaarsvieringe op hande, is die verwagting dat die wolmark mag sywaarts beweeg. Hy sê fynwol bly in sterk aanvraag en daarom is die verwagting dat negatiewe beweging minimaal op hierdie tipes wol blyk te wees. Victor sê die hoeveelheid wol wat vandeesweek in makelaars se pakhuise ontvang is, is 0,2% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.
EN
Wingerdboere by Kanoneiland buite Upington, wat van die Eendrag-brug gebruik maak om hulle oeste by pakstore en droogbane te kry, het gister saamgespan in ‘n poging om hulle oeste te red. Sandsakke en gruis is ingery om die brug se padoppervlak te verhoog, sodat trekkers met oeste vanuit landerye oor die brug kan beweeg. Dit volg nadat die Oranjerivier sedert Maandag drasties begin styg het weens die feit dat onder meer die Gariep- en Boegoebergdamme se sluise oopgemaak moes word. Verskeie kleiner brûe is sedertdien oorspoel. Die Dawid Kruiper munisipale woordvoerder, Patrick Williams, het vroeër bevestig dat rampbestuurspanne en ander nooddienspersoneel gereed is om hulp te verleen waar nodig.
OFM-nuus
