On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nikki
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Verslag oor plaasaanvalle in Maart bekend

───   ELSABÉ RICHARD 13:18 Fri, 05 Feb 2021

Landbounuus-podcast: Verslag oor plaasaanvalle in Maart bekend | News Article

'n Volledige verslag wat statistieke vir plaasaanvalle en -moorde vir 2020 bevat, gaan in Maart deur Vrystaat Landbou (VL) bekend gestel word.

Die organisasie sê landbougemeenskappe is bekommerd oor die styging in aanvalle en moorde wanneer 2020 met 2019 vergelyk word. Hierdie styging is duidelik ten spyte van drie maande se harde inperkings en 'n aandklokreël in 2020. 'n Algehele verhoging van 12.5% sedert 2019 word aangetoon. In die 2020-kalenderjaar was daar 60 plaasaanvalle en 12 moorde, terwyl daar in 2019 'n totaal van 52 plaasaanvalle en 11 moorde was. Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, versoek boeregemeenskappe om hulle waaksaamheid en weerbaarheid te verhoog wanneer hulle hul plaaswerf of woning nader as hulle vanaf die dorp of veld terugkeer, aangesien meer as die helfte van aanvalle en moorde buite wonings gepleeg word. Boere moet ook bedag wees dat aanvallers plase onder valse voorwendsels betree waar hulle hulself voordoen as veekopers of selfs as amptenare verbonde aan sekere staatsdepartemente.

Intussen het die portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur aangekondig dat die sperdatum vir skriftelike voorleggings oor die onteieningswetsontwerp van 10 tot 28 Februarie verleng is. Dr Jack Armour, bedryfsbestuurder vir Vrystaat Landbou (VL), sê dit gee hulle en ander organisasies meer tyd om die publiek bewus te maak van die kwessie van nul vergoeding wat in die voorgestelde wetsontwerp vervat is. Hy sê die organisasie se voortdurende pogings om die publiek bewus te maak oor die kwessie het vrugte afgewerp, aangesien meer as 70 000 voorleggings via VL se webwerf ingedien is.

EN

Vanjaar se Nampo Oesdag, wat aanvanklik in Mei op Bothaville in die Vrystaat sou plaasvind, is uitgestel tot Augustus vanjaar weens die Covid-19 pandemie. Jannie de Villiers, Uitvoerende hoof van Graan SA, sê aan OFM-nuus die nuwe datums is voorlopig geskuif na 17 tot 20 Augustus. Hy sê die gesondheid en veiligheid van besoekers, uitstallers, personeel, borge en die hele landbougemeenskap tydens die NAMPO Oesdag is van groot belang, en word gelei deur prioriteite en beste praktyke. De Villiers voeg by dat hulle weer hierdie datum op 'n latere stadium gaan hersien. Intussen sal die NAMPO Kaap skou, geskeduleer vir 8 tot 10 September in Bredasdorp, in die Wes-Kaap, en die NAMPO Alfa-skou, beplan vir 30 September tot 2 Oktober op NAMPO Park, Bothaville, op hierdie bevestigde datums voortgaan.



OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.