On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Rosyntjie-oes in volle swang

───   ELSABÉ RICHARD 12:00 Wed, 10 Feb 2021

Landbounuus-podcast: Rosyntjie-oes in volle swang | News Article

Rosyntjieprodusente is hard aan die oes en Bekkie van Aarde, Inligting en Kommunikasiebestuurder by Raisins SA sê die eerste vrugte word vanaf begin Januarie geoes, terwyl die laaste vrugte rondom Mei gelewer word.


Wat uitdagings betref sê sy het die onlangse wydverspreide reën, wat talle Noord-Kaapse inwoners dakloos gelaat het, ook ‘n negatiewe invloed om van die oeste geraak. Van Aarde sê alle rosyntjie produsente vanaf Prieska tot Augrabies het reënskade gely in ‘n meer of mindere mate. Sy voeg by dat die sultanas druiwe – wat die ryper vrugte was tydens die swaar reën – het die meeste skade gelei. OFM-nuus het voorheen berig Ferdie Botha hoof uitvoerende bestuurder van Raisins SA, sê dat die 2020-bemarkingsjaar op ‘n goeie noot afgesluit is met 'n goeie vraag na rosyntjies. Hy het verduidelik dat hierdie toename in vraag toegeskryf kan word aan verbruikers wat op soek is na gesonder leefstyle en gesonder produkte tydens die Covid-19 pandemie.

EN

Uitstallers verkies eerder om die 2021 Nampo Oesdag in lewende lywe te ervaar as wat dit weer virtueel plaasvind. Toit Wessels, assistentbestuurder vir Nampo en bemarking by Graan SA, sê uitstallers het ‘n vraelys hieroor ingevul, te midde van ‘n besluit om die geleentheid wat van 11 tot 14 Mei sou plaasvind op Nampo Park, buite Bothaville in die Vrystaat, te skuif na 17 tot 20 Augustus vanjaar. Wessels sê die besluit is geneem om die veiligheid van besoekers en alle betrokkenes te verseker. Hy verduidelik ook dat hulle hoopvol is dat die regeringsbeleid en –riglyne vir Covid-19 die uitgestelde datum sal toelaat.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.