On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Kommer weens nuwe minimumloon

───   ELSABÉ RICHARD 11:00 Fri, 12 Feb 2021

Landbounuus-podcast: Kommer weens nuwe minimumloon | News Article

Verskeie landbou-organisasies het hulle kommer uitgespreek oor die nuwe verhoogde minimumloon wat Maandag in die Staatskoerant gepubliseer is.


Die nasionale minimumloon is van R18.68 na R21.69 per uur aangepas vir plaaswerkers. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), het sy teleurstelling uitgespreek en gesê die regering se besluit om die minimumloon met 16% aan te pas kom op ‘n tyd waar dit ekonomies geweldig uitdagend is om voedsel te produseer. Wilken meen dat die aanpassings kan lei tot werkverliese. Daarmee saam het Agri SA bygevoeg dat dit die departement in kennis gestel het dat die landboubedryf ’n veelsydige sektor is wat bestaan uit meestal klein- en mediumskaalboere, terwyl grootskaalse kommersiële boere slegs ’n klein persentasie van die bedryf uitmaak. Die organisasie sê hierdie klein- en mediumskaalse boere moes reeds die gevolge van die onlangse droogte absorbeer, wat vererger is deur die uitwerking van die pandemie. Agri SA meen dit is teleurstellend dat hierdie kritiese faktore nie in ag geneem is nie.

Boerderygemeenskappe moet hulle waaksaamheid en weerbaarheid verhoog wanneer hulle hul plaaswerf of woning nader. Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike Veiligheidskomitee, sê meer as die helfte van aanvalle en moorde word buite wonings gepleeg. Le Roux sê boeregemeenskappe, insluitend hulle gesinne, moet hulself op ‘n gereelde basis bemagtig deur opleidingskursusse “in huis-en-haard-beskerming, asook gereelde skietoefeninge met gelisensieërde vuurwapens by te woon wat deur private sekuriteitsmaatskappye in landbouvereniging-verband aangebied en deur VL ondersteun word”.  Hy voeg by dat dit ook belangrik is om ‘n goeie verhouding met werkers en die plaaslike polisie te hê. Le Roux versoek ook dat boere moet aansluit by ‘n plaaslike veiligheidstruktuur en –plan. Sy advies kom nadat VL aangekondig het dat dit statistieke vir plaasaanvalle en -moorde wat in 2020 plaasgevind het, in Maart sal bekendstel.

EN

Die daling in die Suid-Afrikaanse wolmark hierdie week kan grootliks toegeskryf word aan die versterking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede. Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, voeg verder by dat vooruitsigte vir die volgende week toon dat met die klein aanbieding, die kompetisie vir die beter Merino-tipe wol behoort te stimuleer. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 17 Februarie 2021, waar sowat 5 892 bale aangebied sal word.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.