Agriculture
Landbounuus-podcast: Kenner gesels oor aalwurms─── ELSABÉ RICHARD 12:26 Mon, 08 Mar 2021
Die gewasse wat boere in Suid-Afrika plant, is vatbaar vir die twee grootse aalwurm peste in graangebiede, naamlik knopwortel- en letselaalwurms.
'n Kenner van aalwurms, Prof. Driekie Fourie, wat verbonde aan die Noordwes-Universiteit is, sê dit is moeilik om van hierdie parasiet ontslae te raak. Fourie verduidelik dat aalwurms mikroskopiese klein organismes is wat op mense, diere en plante parasiteer – en kan dus nie met die blote oog gesien word nie. Sy deel dat aalwurms deur musktiete oorgedra word, veral in tropiese gebiede, en kan by mense swelling veroorsaak omdat die parasiet deur die limfstelsel vasgevang word en dit veroorsaak dan ‘n ‘blokkasie’. Hierdie blokkasies is onomkeerbaar.
EN
Die Boks-voer-vir-‘n-Boer aanlyn projek is nou al vir sowat agt maande aan die gang en streef steeds daarna om hulp aan boere in droogtegeteisterde gebiede te verleen. Elria Steinberg, stigter van hierdie aanlyn konsep sê die projek het tot op hede bydrae van meer as ‘n miljoen rand ontvang.
OFM-nuus
