On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Speenkalfpryse sal daal - kenner

───   ELSABÉ RICHARD 11:16 Tue, 09 Mar 2021

Landbounuus-podcast: Speenkalfpryse sal daal - kenner | News Article

Dr. Frikkie Maré, landbou-ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, bespreek vandag die jongste speenkalfpryse.

Die invloed van speenkalfpryse en die ooraanbod beteken volgens dr. Maré dat pryse noodwendig moet val. Goeie reën in somerreenvalgebiede het veroorsaak dat baie produsente kuddes gebou het, en die aanteel van vee was ‘n groot faktor. Namibië se invloed is ook ‘n faktor om mee rekening te hou, terwyl voerkrale ook ‘n bepaalde invloed gaan uitoefen.

EN

Die langtermyngevolge van die voorkomende gebruik van antibiotika onder vee, bedreig nie net die gesondheid van die kudde nie, maar benadeel ook die toekomstige winsgewendheid van die veebedryf. Dit is volgens Roelie van Reenen, hoof van die verskaffingsketting van die Beefmaster-groep. Van Reenen deel dat die langtermyngevolge van die voorkomende gebruik van antibiotika onder vee ‘n groot probleem is. Hy waarsku rolspelers in die bedryf om die belangrike ekonomiese rol van die veebedryf op die lang termyn te beskerm - wat begin met die veilige en verantwoordelike gebruik van antibiotika.





OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.