On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landelike veiligheid 'moet op VS LUR se agenda wees'

───   ELSABÉ RICHARD 11:56 Fri, 19 Mar 2021

Landbounuus-podcast: Landelike veiligheid 'moet op VS LUR se agenda wees' | News Article

Veiligheid, paaie en infrastruktuur, sowel as die ontwikkeling van opkomende boere in die Vrystaat, is van die belangrikste kwessies wat dringend aandag benodig.

Dit is volgens Jack Armour van Vrystaat Landbou (VL). Armour het hierdie kommentaar gelewer in afwagting op die Vrystaatse LUR vir Landbou William Bulwane se begrotingsrede Vrydag in Zastron, waar hy sy departement se planne vir die 2021/22 finansiële jaar sal bekend maak. Intussen sê Bulwane hy is dankbaar vir die toekenning van meer as R780 miljoen deur die provinsiale LUR vir Finansies, Gadija Brown, en dat daar nog baie boere in die provinsie is wat finansiële hulp van die departement benodig.

EN

AfriForum se private vervolgingseenheid en die familieboernetwerk Saai het die eienaar van die familieboerdery Langspruit Landgoed bygestaan met die indien van strafregtelike klagte van bedrog teen die bestuur van die Bloemhof-silokompleks in Noordwes. Dié beweerde bedrog is tydens die eerste kwartaal van 2020 gepleeg. Volgens Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, volg dit nadat Langspruit Landgoed BK verliese gely het weens beweerde silosertifikaatbedrog. Die klagte is by die Bloemhof-polisiestasie ingedien. Hy voeg by Langspruit het verder skade gely aangesien mielies nie aan hulle in voldoende hoeveelhede en tempo gelewer kon word toe hulle dit vir hoër pryse sou kon verkoop nie. Volgens Chris Gouws, senior ondersoeker by AfriForum se private vervolgingseenheid, beteken dit ook dat Langspruit vir stoorkoste van mielies moes betaal wat nie bestaan het nie.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.