On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Betoging oor paaie werp vrugte af

───   ELSABÉ RICHARD 13:40 Fri, 19 Mar 2021

Landbounuus-podcast: Betoging oor paaie werp vrugte af | News Article

'n Betoging Woensdag deur boere en verskeie organisasies weens die toestand van teer- en grondpaaie in en om Ficksburg in die Vrystaat, het vrugte afgewerp.

Volgens Friedl von Maltitz, 'n boer en streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), is die besluit om dié paaie te sluit geneem nadat hulle op 2 Maart ‘n brief aan die Vrystaatse Premier, Sisi Ntombela, gelewer het. Daarin het hulle geëis dat daar dringend met hulle vergader moet word oor die toestand van veral paaie. Hy deel verder dat die Vrystaatse LUR van Paaie, Sam Mashinini, laat Woensdagmiddag in Ficksburg aangekom het en met die organisasie vergader het. Von Maltitz bevestig verder dat die LUR onderneem het dat slaggate op die R26 onmiddellik herstel moet word en dat die Hammonia-pad dadelik geskraap moet word en as ’n grondpad moet dien.


Veiligheid, paaie en infrastruktuur, sowel as die ontwikkeling van opkomende boere in die Vrystaat, is van die belangrikste kwessies wat dringend aandag benodig. Dit is volgens Jack Armour van Vrystaat Landbou (VL). Armour het hierdie kommentaar gelewer in afwagting op die Vrystaatse LUR vir Landbou William Bulwane se begrotingsrede Vrydag in Zastron, waar hy sy departement se planne vir die 2021/22 finansiële jaar sal bekend maak. Intussen sê Bulwane hy is dankbaar vir die toekenning van meer as R780 miljoen deur die provinsiale LUR vir Finansies, Gadija Brown, en dat daar nog baie boere in die provinsie is wat finansiële hulp van die departement benodig.


EN


Die onsekerheid rondom konstante kragvoorsiening, saam met die voortdurende styging in koste, maak dit noodsaaklik vir boere om hernubare energiebronne te oorweeg ten einde die volhoubaarheid van die sektor te verseker. Landbou.com berig Kyle Durham, hoof van alternatiewe energie-oplossings by FNB-besigheid, sê daar is pasgemaakte oplossings en finansiering vir die landboubedryf beskikbaar. Hy sê egter dat boere huiwerig is. Uit hulle navorsing blyk dit dat, as ’n boer byvoorbeeld ’n keuse het tussen ’n belegging in ’n nuwe pakhuis en ’n sonkragstelsel, hy eerder die pakhuis sal kies omdat hy die risiko’s daarvan verstaan. Geldelik kan die energieprojek egter ’n beter opsie vir sy onderneming wees. Hy deel verder dat een van die doeltreffendste oplossings ’n netwerkgekoppelde een is. Dit bestaan uit twee dele – naamlik sonkragpanele en ’n omskakelaar na die kragnetwerk. Die elektriese krag wat die sonpanele opwek, word bedags gebruik in die plek van Eskom-krag, en snags en soggens word na munisipale of Eskomkrag omgeskakel. Durham sê dit kan help met ’n besparing van 30% tot 50% op ’n kragrekening.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.