On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: ‘Ons boer met wild om wild te bewaar’

───   ELSABÉ RICHARD 10:51 Tue, 30 Mar 2021

Landbounuus-podcast: ‘Ons boer met wild om wild te bewaar’ | News Article

‘n Wildsboer van Knapdaar Boerdery in Noordwes, Edrich Badenhorst, sê hulle is dankbaar vir die ondersteuning van die plaaslike én internasionale mark - veral ná streng Covid-19 regulasies.


Hy deel dat die wildbedryf verskeie uitdagings gedurende die Covid-19-pandemie ervaar het, en dat dinge nou meer positief begin lyk. Badenhorst sê die wildbedryf is ook baie afhanklink van veilings en veral weens die Covid-19 pandemie kon daar geen veilings plaasvind nie, wat boere se inkomste belemmer het.

EN

Die kos wat ons eet mag later in ons lewens ‘n direkte impak op ons kognitiewe skerpheid hê. Hierdie bevinding is volgens ‘n navorsingsprojek deur die Iowa Universiteit. Volgens ‘n artikel deur die Rooivleis Produsente-organisasie, oftewel die RPO, is hierdie navorsingsprojek die eerste grootskaalse analise in sy soort wat spesifieke kossoorte met kognitiewe skerpheid verbind. Die span het die data wat van 1 787 verouderende grootmense, van ouderdomme 46 tot 77 jaar ná afloop van die studie, in die Verenigde Koninkryk ontleed deur UK Biobank, ‘n grootskaalse biomediese databasis en navorsingshulpbron wat in-diepte genetiese- en gesondheidsinligting van ‘n halfmiljoen deelnemers in dié land bevat. Deelnemers het ‘n Fluid Intelligence Test (FIT), wat tussen 2006 en 2010 saamgestel is, as deel van ‘n vraelys wat as basislyn dien voltooi en twee opvolg-assesserings het van 2012 tot 2013 en weer tussen 2015 en 2016 plaasgevind. Die FIT-analise bied ‘n prentjie van ‘n individu se vermoë om op daardie spesifieke tyd op sy voete te kan dink. OFM-nuus se Elsabé Richard berig deelnemers het ook vrae oor hul kos- en alkohol-inname beantwoord tydens ‘n basislyn- en twee opvolg-assesserings.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.