On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Ses-maande grasie-periode vir biosekuriteitsmaatreëls

───   ELSABÉ RICHARD 14:07 Thu, 01 Apr 2021

Landbounuus-podcast: Ses-maande grasie-periode vir biosekuriteitsmaatreëls  | News Article

Lewendehawe-agente moet kennis neem van 'n ses-maande grasie-periode wat hulle in staat stel om hulself te vergewis van kritiese biosekuriteitsmaatreëls wat op 13 November 2020 in die Staatskoerant gepubliseer is.

Volgens Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, oftewel APAC, is hierdie maatreëls ingestel om te verseker dat die wild- sowel as die lewendehawebedrywe voldoen aan die wêreld-organisasie vir dieregesondheid se internasionale kode om handel te verbeter. Hy voeg by dat dit volg na aanleiding van ‘n uitbraak van bek-en-klouseer in November 2019, wat ‘n negatiewe impak op Suid-Afrikaanse veilings gehad het.

Die nasionale departement van water en sanitasie het bevestig dat die land steeds 'n sterk behoefte het om water te bespaar, ten spyte van die onlangse somerreën. Die departement se woordvoerder, Sputnik Ratau, sê in 'n verklaring sommige dele van Noordwes ervaar steeds waterprobleme met die vraag na water wat vinnig toeneem. Hy verduidelik dat watervoorsiening in die Noordwes-provinsie baie afhanklik is van oppervlakwater wat in groot damme van die provinsie voorsien word. Ratau voeg by dat rekords van opbergingswaardes vir die periode 2013 tot 2018 toon dat die algemene opberging in die provinsie konstant hoog was, en dat verskeie damme nooit veel laer as 100% gedaal het nie. Die huidige jaarlikse algehele damvlakke staan egter op 81%. Hy sê intense jaarlikse siklusse van leegmaak en hervul is egter duidelik, daarom is dit nodig om menslike gedrag ten opsigte van watergebruik te verander.

EN

EN...Lactalis South Africa se 10-maande beleë gouda, wat uitsluitlik vir Woolworths vervaardig word, is op 26 Maart tydens vanjaar se Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings by die Cavalli-landgoed buite Stellenbosch vir ’n ongeëwenaarde derde keer as die Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar gekroon. Volgens 'n artikel deur AgriOrbit, is dié prestasie ’n eerste vir die SA Suiwelkampioenskappe, wat vanjaar sy 188ste bestaansjaar vier. Die gouda, ? aromatiese en intens-gegeurde kaas, was een van byna 900 suiwelprodukte van 68 vervaardigers wat om die aandag van 60 beoordelaars meegeding het. Slegs agt produkte uit die groot getal inskrywings is met die Qualité-merk van gehalte vereer, terwyl 106 as SA Kampioene  – die wenners in elke kampioenskapklas – aangewys is.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.