On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Sprinkane rig groot skade aan in Noord-Kaap

───   ELSABÉ RICHARD 13:38 Thu, 08 Apr 2021

Landbounuus-podcast: Sprinkane rig groot skade aan in Noord-Kaap | News Article
Photo: BBC

Die uitbraak van sprinkane in dele wat goeie reën in die Noord-Kaap gekry het, is besig om groot skade aan natuurlike weiveld te rig.

Dit is volgends Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap. Jansen sê die plaag raak veral boere in die omgewings van Vosburg en Kenhart sowel as die Boesmanland-streek. Jansen voeg by dat vlieënde sprinkane 'n risiko vir besproeiingsgebiede inhou, maar dat hierdie risiko nou begin afneem.

Die openbare verhore vir wetgewing wat dit duidelik sal maak hoe onteiening sal werk en onder watter omstandighede dit gedoen kan word, het Donderdag in Limpopo begin. Landbou.com berig die wysigingswetsontwerp op onteiening sal die huidige Wet op Onteiening vervang. Die wysigingswetsontwerp dui die omstandighede aan waar ’n hof mag bepaal dat nulvergoeding betaal mag word wanneer grond vir openbare doeleiendes onteien word. Verhore in Noordwes vind van 22 tot 28 April plaas, terwyl verhore in die Vrystaat van 13 tot 16 Mei sal plaasvind. Vanaf 10 tot 13 Junie vind verhore in die Noord-Kaap plaas.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R41,23 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R37,48 en speenkalwers oor 250kg het teen R35,15 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.