On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Nog 'n voëlgriep uitbraak bevestig

───   ELSABÉ RICHARD 13:48 Mon, 10 May 2021

Landbounuus-podcast: Nog 'n voëlgriep uitbraak bevestig  | News Article

'n Groep van 14 opkomende en gevestigde boere, wat uit mans sowel as vroue bestaan wat tussen Bethlehem, Arlington, Paul Roux en Lindley in die Vrystaat boer, bied Maandag 10 Mei hul eerste lewendehawe veiling in Kaallaagte aan.

Hannetjie Human, 'n boer in die omgewing en die organiseerder van die veiling, sê die boere het meer as 200 beeste bymekaar gemaak vir die veiling wat om 2uur op die Gilead-veilingsgronde sal plaasvind.

In 'n poging om ’n proaktiewe omgewing wat betref misdaad in die Vrystaat te skep, het Vrystaat Landbou 'n memorandum van verstandhouding met 'n private sekuriteitsmaatskappy onderteken. Dit, om gestandaardiseerde en geakkrediteerde veiligheidsopleiding aan landbougemeenskappe in die provinsie te bied. Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike Veiligheidskomitee, noem dat die fokus van die opleiding is om landbougemeenskappe te bemagtig om na hul eie veiligheid om te sien, binne 'n georganiseerde landboustruktuur. Le Roux sê dat die kostes verbonde aan die opleiding bekostigbaar sal wees vir enige individu om dit by te woon.

Die DA wil die parlement versoek om ’n debat van nasionale belang oor die land se mislukte grondhervormingsprogram die afgelope 25 jaar goed te keur. Landbou.com berig die DA se skaduminister vir landbou, Annette Steyn, sê die staat se vlagskip grondhervormingsprogramme, die herverdeling van grond vir landbou-ontwikkeling en die proaktiewe aankoopstrategie van grond, is só swak bestuur dat dit tot grootskaalse verwarring gelei het. Die DA sal aan Thandi Modise, speaker van die nasionale vergadering, skryf om die debat te versoek.

EN

Die LUR vir die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, William Bulwane, het Sondag moedersdag in Wyk 46 in Mangaung gevier, waar hy 150 kospakkies uitgedeel het as 'n blyk van waardering aan moeders. Die LUR sê moeders is die steunpilare van gesinne en die samelewing in die algemeen. Verder het die Noord-Kaapse LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervoming, Mase Manopole, ook alle moeders, insluitend betrokkenes in die landbousektor in die provinsie, 'n gelukkige moedersdag toegewens. Manopole sê moeders is die ruggraat van die landelike ekonomie.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.