On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Sprinkane in Vrystaat opgemerk

───   ELSABÉ RICHARD 14:19 Tue, 18 May 2021

Landbounuus-podcast: Sprinkane in Vrystaat opgemerk | News Article

Lede van die publiek word aangeraai om 'n foto en die gebied waar sprinkane waargeneem word, na Vrystaat Landbou te stuur.

Dit volg nadat 'n donker sprinkaanwolk oor die naweek in die Hertzogville- en Boshof-omgewing in die Wes-Vrystaat uit die Noord-Kaap gemigreer het. Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou, sê hulle het met die plaaslike landboudepartement in gesprek getree, waarna daar bevestig is dat plaaslike leiers van die sprinkaanbeheerspan sal help aangesien die bestryding van migrerende plae onder die departement val. Armour sê 'n aksieplan is ingestel om die verdere verspreiding van die sprinkane, wat die weiding en gewasse vernietig waarheen hulle beweeg, te monitor en te beheer. Besoek www.vslandbou.co.za vir die kontakbesonderhede.

Een en dertig staatsplase, wat in Limpopo, Mpumalanga en Noordwes geleë is, word tans aan mynmaatskappye verhuur. Dit is volgens die Departement van Landbou en Grondhervorming in 'n antwoord op 'n skriftelike vraag wat EFF se Mothusi Kenneth Montwedi aan die departement gestel het. Montwedi wou weet hoeveel staatsplase aan mynmaatskappye uitverhuur word wat mynregte op die spesifieke plase het en waar hierdie plase geleë is. Die departement sê die bestaande mynhuurkontrakte is oor die algemeen 'n kombinasie van mynregte van die ou orde wat bekend staan as Minerale Huurkontrakte en Oppervlakkige Huurkontrakte, wat sedert April 1994 afgehandel is ingevolge die Wet op die Beskikking oor Staatsgrond, 1961, saamgelees met die Wet op die Tussentydse Beskerming van Informele Grondregte, 1996. Daar word verder verklaar dat die huurgrond ook geneig is om 'n algemene bate te wees van groot getalle mense wat oor baie dorpe versprei is.

Die toekoms van beesvleis is tans onder bespreking en het selfs politieke debatte tot gevolg.  Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, sê daar word selfs in Amerika “meat-free Mondays” voorgestel. Maré deel dat natuurlike weiding steeds tot gevolg het dat vleis geproduseer word maar die teendeel is ook waar. Hy sê in Suid-Afrika sal daar vinnig gekyk moet word na diversifikasie en hoe hierdie uitdagings aangespreek gaan word in die toekoms.

EN

Die kouer somer en swaar reën in Januarie het meegebring dat daar oor die volgende drie maande tot 1,75 miljoen minder 10 kg-sakkies uie op die markte beskikbaar gaan wees. Luidens 'n artikel deur Landbou.com gaan die uie-oes uit die Ceres- en Koue Bokkeveld-streek heelwat kleiner wees as wat aanvanklik verwag is. Van 1 miljoen tot 1,5 miljoen minder 10 kg-sakkies uie kan uit die streek kom as wat aanvanklik geskat is. Charl van der Merwe, voorsitter van Korkom, die uie-kommoditeitsorganisasie in die streek, sê die oorsaak hiervan is dat die streek ’n kouer as normale somer beleef het.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.