On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SAJWV verwelkom addisionele dae vir wysigings aan wapenwet

───   ELSABÉ RICHARD 14:07 Fri, 02 Jul 2021

Landbounuus-podcast: SAJWV verwelkom addisionele dae vir wysigings aan wapenwet | News Article

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het die addisionele 21 werksdae wat die Hooggeregshof in Pretoria op 30 Junie 2021 vir wysigings aan die wapenwet toegestaan het, verwelkom.

Dit sal meer tyd gee om kommentaar te lewer op die wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer. Dit gee die publiek kans tot 3 Augustus om kommentaar in te dien. Die aanvanklike sperdatum vir kommentaar was 4 Julie 2021. Dié verlenging volg op 'n suksesvolle aansoek wat deur die Suid-Afrikaanse Vuurwapen- en Ammunisiehandelaarsvereniging (Saada) en die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika (Chasa) gebring is. SAJWV sê Saada en Chasa het die hof gevra om die tydperk vir kommentaar te verleng om die publiek genoeg tyd te gee om die wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer te bestudeer. Hierdie inligting is eers op 25 Junie 2021 aan die publiek bekend gemaak, wat belangstellendes slegs 45 dae gegee het om dit te bestudeer en kommentaar voor te berei, omdat dit aanvanklik teen 4 Julie ingedien moes word.

Die Nasionale Opkomende Rooivleisprodusente-organisasie, oftewel Nerpo, het hul kommer uitgespreek oor die implementering van die aangepaste vlak 4 inperkingsregulasies met betrekking tot die opskorting van veeveilings. Volgens die waarnemende uitvoerende hoof van Nerpo, dr. Florence Nherera-Chokuda, maak veilings 'n integrale deel uit van voedselsekerheid - en vorm opkomende veeboere 'n integrale komponent en ook die basis van hierdie waardeketting. Die organisasie sê in 'n verklaring dat die lewensbestaan van kleinboere afhanklik is van die periodieke bemarking van vee, en daarom het skielike onderbrekings in die mark 'n direkte invloed op hul welstand en beïnvloed dit die hele rooivleis-waardeketting, insluitend die kleinhandel van vleisprodukte. Nerpo sê dat konsultasies met belanghebbendes en relevante owerhede aan die gang is om die impak van die opskorting van veilings te versag. Nerpo doen ook 'n beroep op die Minister van Landbou en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, om die versagtingsproses te steun.

EN

Intussen is die wynbedryf is tevrede met die wysigings wat die Nasionale Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, aangebring het aan die vlak 4-inperkingsregulasies weens Covid-19, gedateer Junie 2021. Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir Landbou, sê die wysigings maak voorsiening vir die vervoer van drank, insluitend wyn, van die verskillende vervaardigingspunte na bergingsgeriewe of pakhuise. Hy sê dit is uiters belangrik vir die volhoubaarheid van die bedryf.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.