On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Gunstige tyd vir graanprodusente - NWK

───   07:41 Fri, 06 Aug 2021

Sponsored07:41 Fri, 06 Aug 2021
Gunstige tyd vir graanprodusente - NWK | News Article

Suid-Afrika se graanprodusente is tans in ’n goeie mededingende posisie. Dis volgens NWK se Bestuurder Landboubestuurdienste, Arno Janse van Vuuren, wat verduidelik dat dit veral die afbetaling op termynlenings is, wat opvallend is.

“Baie van hierdie lenings het opgebou in die onlangse verlede met moeilike produksieomstandighede en hierdie verlaging het 'n reuse voordeel deurdat rente verpligtinge drasties verlaag is in heelwat boerderye,” vertel Janse van Vuuren wat byvoeg dat die meeste graanprodusente finansieel beslis beter af is as twee jaar gelede.

Verder meld Janse van Vuuren dat graanopbrengste die afgelope seisoen bykans oral goed was.

“Dit hou deels verband met die verloop van die reënval, maar daar is beslis ook groot vordering oor die afgelope aantal jare deur ons produsente gemaak in terme van die effektiewe aanwending van die beskikbare grondvog,” sê Janse van Vuuren.

Daar is egter ’n aantal knelpunte.  Janse van Vuuren meen dat die beskikbaarheid van sekere insetmiddele en onderdele moontlik ’n probleem kan wees.

“Veral produkte wat ingevoer moet word, is onder druk weens Covid en die onlangse onluste in die land. Daar het 'n redelike agterstand ontwikkel by die hawens en by deurvoerpunte.”

Dan is daar ook kommer oor die beskikbaarheid van voldoende bemestingstowwe en chemiese produkte asook oor die voorsiening van onderdele en kragwerktuie wat ingevoer word.

Janse van Vuuren meen egter die feit dat die stroopseisoen redelik vroeg afgehandel is ’n geleentheid skep om die produksiebeplanning en finansieringsreëlings ook reeds vroeg af te handel.

“Ek sal ook verder aanbeveel dat produsente nou reeds begin om sekere insette wat moontlik moeilik verkrygbaar gaan wees te begin aankoop. Dit sluit die vroegtydige diens en herstel van die toerusting wat in die komende seisoen gebruik moet word, in. Hoewel die rentefaktor in gedagte gehou moet word, moet dit opgeweeg word teen die impak van gebrekkige voorraadvlakke in planttyd,” verduidelik Janse van Vuuren.

Kry die jongste vanaf NWK hier.

Luister na die volledige onderhoud soos gevoer deur OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, onder.


Podcasts

Gunstige tyd vir graanprodusente - NWK:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.