On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Rooivleispryse lyk goed - Kenner

───   ELSABÉ RICHARD 14:30 Tue, 17 Aug 2021

Landbounuus-podcast: Rooivleispryse lyk goed - Kenner | News Article

Daar heers tans goeie rooivleispryse.

Dit is volgens dr. Frikkie Maré, landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat. Hy sê pryse styg jaarliks in Augustus en begin weer daal in die laaste deel van die maand en begin September. Vleispryse wat dus tans hoog is, vergelyk goed met ongeveer drie tot vier jaar gelede se syfers. Maré deel dat die tendense egter normaal is.

Landbou-organisasies in Sentraal Suid-Afrika is bekommerd oor die verwoestende uitwerking wat wegholveldbrande op weivelde, lewendehawe en boere het. Dit, nadat veldbrande die afgelope weke verwoesting in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap gesaai het en skade miljoene rande beloop. Willem de Chavonnes Vrugt, president van Agri Noordwes, sê daar is verskeie veldbrande in die Noordwes aangemeld, met die grootste veldbrand wat in die Reivilo-omgewing naby Kuruman aangeteken is. Hy deel dat die veldbrand in die Kuruman-omgewing in die Noord-Kaap begin het en na die Noordwes versprei het. In totaal, tussen hierdie twee provinsies is meer as 100 000 hektaar veld verwoes. Daarmee saam het veldbrande wat gedurende die laaste 10 dae in die Potchefstroom-omgewing ontstaan het, meer as 20 000 hektaar veld verwoes.

EN

Die koue wat sedert verlede week oor Suid-Afrika trek, was nie die einde van die winter nie al het goeie reën oor dele van die somerreënstreek voorgekom. Luidens landbou.com sê Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, ’n koue front sal van Woensdag tot Donderdag reën na dele van die Wes- en Oos-Kaap bring. Voorspellings dui tans aan dat reën in die eerste week van September ook oor die sentrale, maar veral die oostelike en suidoostelike binneland kan voorkom. Die koue fronte volg ná redelike swaar sneeuneerslae sedert verlede week oor die oostelike dele van die Noord-Kaap en die noordelike dele van die Oos-Kaap, met ligte sneeuneerslae by Worcester in die Wes-Kaap en Golden Gate in die Oos-Vrystaat. Sneeu in Augustus is nie ongewoon nie aangesien dit koud genoeg is, terwyl daar reeds ’n mate van vog vanuit die trope of die Indiese Oseaan oor die land inbeweeg.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.