On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VF+ verwelkom swaar vonnisse vir plaasaanvallers

───   ELSABÉ RICHARD 17:17 Wed, 25 Aug 2021

Landbounuus-podcast: VF+ verwelkom swaar vonnisse vir plaasaanvallers | News Article

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die skuldigbevinding en swaar vonnisse wat aan drie Mosambiekse burgers opgelê is vir die aanval op 'n Vrystaatse boer en haar plaaswerkers in November 2020.

Die aanval het op die plaas Karkloof in die Harrismith-distrik plaasgevind. Die plaaswerkers is aangerand en skote is op Magdaleen Britz afgevuur. Die party sê in 'n verklaring die feit dat drie van die aanvallers effektief 19 jaar tronkstraf opgelê is, skep vertroue en gee hoop aan weerloses. Om plaasaanvalle en -moorde te bekamp, sê die party, is dit belangrik dat die strafregstelsel funksioneer en dié tipe misdadigers swaar gestraf word. OFM-nuus het Dinsdag berig dat vyf gesinslede op die plaas Toekoms buite Harrismithe vroeg in Augustus vanjaar in hulle huis vermoor is. Die polisie is steeds op soek na verdagtes in verband met dié moorde. In 'n ander plaasaanval, wat ook in Augustus buite Harrismith plaasgevind het, is vyf verdagtes in onderskeidelik Harrismith in die Vrystaat en Ladysmith in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle 'n 54-jarige boer aangeval het.

Die landbousektor het ’n toename van 69 000 werkgeleenthede in provinsies soos die Wes-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Noordwes en Limpopo ervaar, terwyl daar ’n afname in werkgeleenthede in die Oos-Kaap, Noord-Kaap, Gauteng en Mpumalanga was. Dit is volgens Statistieke SA se jongste kwartaallikse arbeidsmagopname vir die tweede kwartaal van 2021. Agri SA sê in 'n verklaring die grootste bron van kommer is dat die sektor steeds ’n afname in geskoolde landbou sien, met ’n verlies vanaf 65 000 werkgeleenthede in die eerste kwartaal van 2021 na 45 000 in die tweede kwartaal van 2021. Dit verteenwoordig ’n kwartaal-tot-kwartaal-afname van 27,4% en ’n jaar-tot-jaar-afname van 33,2%.

EN

Die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, het 'n ministeriële taakspan saamgestel oor biosekuriteit met spesiale klem op bek- en klouseer, Afrika-varkgriep en voëlgriep. Die departement sê die doel van hierdie taakspan is om meganismes te vind en aanbevelings te doen oor 'n reeks sleutelbesluite. OFM-nuus se Elsabé Richard berig 'n samewerkingsinisiatief tussen die regering en die private sektor deur middel van 'n publiek-private vennootskap kan hierdeur tot stand gebring word om die land se biosekuriteitskwessies aan te pak.





OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.