On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS Polisie soek steeds vir plaasmoord verdagtes

───   ELSABÉ RICHARD 13:50 Tue, 31 Aug 2021

Landbounuus-podcast: VS Polisie soek steeds vir plaasmoord verdagtes | News Article

Die polisie in die Vrystaat is steeds opsoek na verdagtes ná die moord op vyf gesinslede op die plaas Toekoms in die Harrismith-omgewing in die Vrystaat.

OFM-nuus het vroeër berig dat Mgwenika Twala, ’n opkomende boer, asook sy vrou en drie kinders van onderskeidelik 6, 16, en 19 jaar oud, op Saterdag 7 Augustus 2021 wreedaardig vermoor is.Hulle is verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek. Die motief vir die moorde is onbekend en enigiemand met inligting word versoek om die polisie te kontak.

‘n Bekende merino-teler van Colesberg in die Noord-Kaap het by die onlangse nasionale veiling in Graaff-Reinet sy top-ram vir ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekordbedrag verkoop. Jacques Pienaar se top-ram, genaamd Beast, het vir 'n rekordprys van R300 000 verkoop. Pienaar sê dit was 'n suksesvolle veiling vir alle telers gewees. Hy deel ook dat hy trots is op die merino-bedryf nadat 58 van die ramme vir 'n gemiddelde prys van R58 000 verkoop het. Pienaar voeg verder by dat vyf van hulle ramme ook vir die hoogste gemiddeld ooit, van R115 000, op die nasionale veiling verkoop het.

EN

Die winter is nog nie verby nie. Landbou.com berig nog ’n koue front wat ligte sneeu oor die suidoostelike en suidelike dele van Suid-Afrika kan veroorsaak, gaan volgens voorspellings die komende naweek oor die land beweeg. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, waarsku dat verdere ryp en koue die naweek oor die Noord-Kaap, die sentrale tot suidelike dele van die Vrystaat, die aangrensende dele van die suidelike en oostelike Drakensberg en die suidelike binneland van die Noord-Kaap kan voorkom. Die gevaar vir
veldbrande gaan in die komende weke hoog bly, veral weens sterk winde wat voor koue fronte oor die land kan beweeg.





OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.