Agriculture
Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer rampbestuurgebiede is verminder─── ELSABÉ RICHARD 11:55 Mon, 13 Sep 2021
Die nasionale Departement van Landbou het onlangs aangekondig dat die getal bek-en-klouseer rampbestuurgebiede in KwaZulu-Natal verminder is.
Hierdie besluit volg op die afsluiting van die tweede ronde serologiese toesig wat in die betrokke gebiede in die provinsie gedoen is. In lig hiervan, het OFM-nuus met Roelie van Reenen, hoof van die verskaffingsketting van die Beefmaster-groep, gepraat oor wat dit vir boere daar beteken en die impak wat die virus sal hê sou dit na ander provinsies versprei. Die Minister van Landbou, Thoko Didiza, het ook onlangs ‘n ministeriële taakspan saamgestel oor biosekuriteit met spesiale klem op bek-en-klouseer, Afrika-varkpes en die hoogs aansteeklike voëlgriep. Didiza sê die doel van die taakspan is om meganismes te vind en aanbevelings te doen oor ‘n reeks sleutelbesluite.
OFM-nuus het vroeër berig die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê dat die beperking op die beweging van diere uit, binne, deur en na die gebiede vir siektebestuur voldoende was om te voorkom dat die siekte verder versprei.
EN
Wyninskrywings vir vanjaar se Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie word as interessant, wêreldklas, en vol uitdrukking deur die beoordelaars beskryf. Die hoofsameroeper van die beoordelaarspaneel, dr. Winifred Bowman, sê wyne wat ingeskryf word vir hierdie kompetisie word elke jaar al hoe beter. Die paneel van beoordelaars het vanjaar ‘n totaal van 157 wyne van 96 produsente geproe en volgens Bowman was daar net twee of drie foutwyne gewees. Sy verduidelik dat dit beteken dat wynmakers baie meer aandag begin gee aan hoe hulle die wyne maak. Bowman sê verder Sauvignon Blanc is die grootste verkoper van wyn in Suid-Afrika met Suid-Afrikaners wat altesaam 4.4 miljoen kissies van ses bottels per jaar drink. Daarom, sê sy, is hierdie ‘n belangrike wynkategorie in Suid-Afrika.
OFM-nuus
