On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Veevoer nodig na brande

───   ELSABÉ RICHARD 13:48 Tue, 28 Sep 2021

Landbounuus-podcast: Veevoer nodig na brande  | News Article

Een van die grootste behoeftes tans in gebiede wat deur wegholveldbrande geraak is, wat onmiddelik aangespreek moet word, is veevoer vir Dinsdag en Woensdag.

Volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sal dit geaffekteerde boere nou in staat stel om besluite te neem oor hoe om hulle diere op 'n langer en volhoubare manier te skuif. Dit volg nadat twee groot veldbrande die afgelope dae buite Kimberley gewoed en deur sterk winde na verskeie gebiede versprei het. Jansen sê dit is op hierdie stadium nog nie duidelik wat die omvang van die skade is nie. Jansen sê die afgelope twee maande se veldbrande wat in die provinsie voorgekom het, is ongekend. Indien jy skenkings wil maak aan boere wat in sentraal-Suid-Afrika deur wegholveldbrande geraak is, besoek Agri Nood-Kaap, Vrystaat Landbou en Agri Noordwes se webtuistes vir meer inligting.

Daarmee saam is die twee groot veldbrande wat die afgelope dae verwoesting in dele van die Noord-Kaap gesaai het onder beheer gebring. Volgens Johan Breytenbach van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging, monitor brandbestrydingspanne en boere die situasie. Hy sê die opvlam van brande oor groot gebiede is hoogs waarskynlik as gevolg van die huidige weerstoestande. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het intussen ook 'n waarskuwing uitgestuur vir gunstige weerstoestande wat kan lei tot die ontstaan en versprei van wegholveldbrande. Die publiek word versoek om versigtig te wees en om nié oop vure in die veld te begin nie omdat dit maklik kan versprei. Veldbrande moet by die brandbeskermingsvereniging in die omgewing aangemeld word.

EN

Ter herdenking van Wêreld-hondsdolheiddag, stuur die veeartsenydienste van die Departement van Landbou Dinsdag 28 September 'n hondsdolheidsveldtog in Vredefort en Mokwallo van stapel. Dié veldtog sal tot 4 uur die middag voortduur. Die landbou departement moedig die publiek aan om hul honde en katte saam te bring om teen hondsdolheid ingeënt te word. Hierdie veldtog is 'n hoë prioriteit in 'n poging om gemeenskappe te beskerm teen hondsdolheid-uitbrake. Inenting sal help om sterftes weens die siekte te voorkom, soos die seuntjie wat vandeesmaand weens hondsdolheid in die Oos-Kaap oorlede is. Inentings teen hondsdolheid sal by onder meer die biblioteek by die Vredefort-munisipaliteit in die stad, sowel as Nino Carwash in Mokwallo toegedien word.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.