On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Tamaties, aartappels en avo’s weer duurder

───   ELSABÉ RICHARD 12:13 Fri, 08 Oct 2021

Landbounuus-podcast: Tamaties, aartappels en avo’s weer duurder | News Article

Daar is in hierdie stadium 'n groot vraag na aartappels, terwyl daar 'n “uiters lae volume” beskikbaar is.

Maroela Media berig Dr. Johnny van der Merwe, hoof van AMT, sê in sy weeklikse aanlyn oorsig van groente- en vrugtepryse, die prys van aartappels het weer 'n nuwe rekordhoogtepunt bereik. Die prys het met 13% toegeneem en is nou 102% hoër as dieselfde tyd verlede jaar. Van der Merwe waarsku dat die prys van aartappels deur die loop van die maand moontlik steeds hoog sal bly en eers van volgende maand af sal begin daal wanneer volumes toeneem. Tamaties is ook beduidend duurder en toon 'n styging van 41% sedert die vorige week. Dit kan oor die volgende week selfs duurder word weens hael wat die noordelike produksiegebiede getref het. Verder het die prys van avokado’s die afgelope twee weke ook noemenswaardig toegeneem en gaan weens laer volumes tot minstens die einde van Januarie 'n opwaartse kurwe ondervind.

EN

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n waarskuwing uitgestuur vir gunstige weerstoestande wat kan lei tot die ontstaan en versprei van wegholveldbrande in dele van Noordwes, en die Noord- en Wes-Kaap. Dié waarskuwing volg nadat wegholveldbrande reeds meer as 'n een miljoen hektaar weiveld in sentraal-Suid-Afrika verwoes het. OFM-nuus het vroeër berig dat skade weens wegholveldbrande in Noordwes vanaf 1 Mei en 23 September vanjaar tussen R2,75  en R3,5 miljard beloop. Erich Stoch, voorsitter van die Noordwes Sambreel-brandbeskermingsvereniging, sê meer as 620 000 hektaar veld is gedurende die betrokke tydperk in die provinsie verwoes.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.