On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Voormalige Landbou LUR geskors

───   ELSABÉ RICHARD 13:48 Thu, 14 Oct 2021

Voormalige Landbou LUR geskors  | News Article

Die ANC se Provinsiale Uitvoerende Komitee in Mpumalanga het bevestig dat die voormalige LUR vir Landbou, Mandla Msibi, uit die komitee geskors is asook uit alle ander leierskapsrolle in die party.

Die SAUK berig dit volg nadat Msibi homself Maandag aan die polisie oorgegee het. Hy en vier ander persone word van moord en poging tot moord aangekla. Sy aansoek om borgtog word Donderdag 14 Oktober  in die Nelspruitse landdroshof voortgesit.

Agri Noord-Kaap is dankbaar vir die hulp van President Ramaphosa nadat hy sy helikopter beskikbaar gestel het in 'n poging om brandbestryders en boere in die Noord-Kaap te help om veldbrande te bestry. Nicol Jansen, president van die organisasie, sê veldbrande in die Barkley-Wes omgewing, wat sedert die naweek gewoed het, is onder beheer gebring, maar dat daar nog teen Donderdagoggend 'n veldbrand by Belmont gewoed het. Hierdie veldbrande volg nadat vure aan die begin van Oktober buite Kimberley langs die N12 derduisende hektaar weiveld en infrastruktuur verwoes het. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het intussen 'n waarskuwing uitgestuur vir gunstige weerstoestande wat kan lei tot die ontstaan van wegholveldbrande in onder meer die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap. Die publiek word versoek om versigtig te wees en om nié oop vure in die veld te begin nie omdat dit maklik kan versprei. Veldbrande moet by die brandbeskermingsvereniging in die omgewing aangemeld word.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R43,53 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,00 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,88 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.