On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Parlement hoor watter dieresiektes word meeste aangemeld

───   ELSABÉ RICHARD 14:18 Tue, 26 Oct 2021

Landbounuus-podcast: Parlement hoor watter dieresiektes word meeste aangemeld | News Article

Die heersende dieresiektes wat die afgelope boekjaar in die Vrystaat aangemeld is, is beesbrucellose, beestuberkulose en hondsdolheid.

Dit is onthul in 'n skriftelike antwoord deur die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, op 'n vraag wat deur Noko Masipa van die DA gevra is. Masipa wou weet watter dieresiektes boere die afgelope boekjaar op hul plase aangemeld het, asook wat die departement se ingrypings was om dié siektes te behandel. Die departement het verder bygevoeg dat uitbrake van hoogs patogene voëlgriep en Afrika-varkpes ook in die Vrystaat aangeteken is. OFM-nuus se Elsabé Richard berig dat die departement die moontlike verspreiding van dié dieresiekte na die provinsie toeskryf aan die migrasie van wilde watervoëls, asook die verskuiwing van varke en varkprodukte tussen verskillende provinsies.

Die jongste inflasieverslag vir September, wat deur Statistieke Suid-Afrika bekendgestel is, toon dat inflasie jaar-op-jaar tot 5% gegroei het. Dr. Frikkie Maré, landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, sê dié styging in inflasie word veroorsaak deur skerp stygings in faktore soos onder meer voedselinflasie, wat tot 6,6% jaar-op-jaar gegroei het, sowel as vervoerinflasie, wat tot 10,1% jaar-op-jaar gegroei het.

EN

Neerslae van 20 mm en meer kan tot Saterdag oor dele van onder meer Noordwes, die Vrystaat, die Oos-Kaap, Gauteng, en die oostelike dele van die Noord-Kaap voorkom. Volgens Landbou.com sê Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, die swaarste neerslae kan veral oor die Vrystaat voorkom. Van den Berg sê hierdie neerslae is nie goeie nuus vir die oesproses van koring nie, want die nat, vogtige en bewolkte toestande kan vinnig gehalteprobleme veroorsaak. Verder verswak die kans op reën begin November oor die somerreënstreek tot ongeveer die middel van die tweede week. Maksimum temperature oor die sentrale dele kan tot 30°C en hoër styg, terwyl dit oor die westelike en noordelike dele van die streek tot 35°C of selfs hoër kan styg. In die laaste week van November word heelwat meer reën verwag, met baie reën wat in Desember oor die sentrale en oostelike dele van die land kan voorkom.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.