On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Sprinkaanplaag in Noord-Kaap bespreek

───   ELSABÉ RICHARD 13:49 Wed, 27 Oct 2021

Landbounuus-podcast: Sprinkaanplaag in Noord-Kaap bespreek | News Article

Die bruinsprinkaanplaag wat die Noord-Kaap-provinsie, sowel as die Vrystaat en Oos-Kaap in 2020 getref het, is Woensdag 27 Oktober in Upington bespreek.

Verskeie landbou-organisasies van hierdie provinsies het die vergadering bygewoon waar planne bespreek is ter voorbereiding van 'n moontlike uitbraak van sprinkane vanjaar. Dié vergadering kom nadat sprinkaanplae verlede jaar in die Noord-Kaap uitgebreek het en op talle plase in onder meer die ZF Mgcawu-streek, asook die John Taolo Gaetsewe- en Namakwa-streke, aangemeld is. OFM-nuus se Roderick Titus berig die Noord-Kaapse Departement van Landbou se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê die belangrikheid van gesamentlike beheer van sprinkaanplae, asook wetgewing rondom springkaanbeheer, is van die besprekingspunte aangesien veral toegang tot boere se plase deur plaagbestryders voorheen 'n uitdaging was.

Die polisie in Kirkwood in die Oos-Kaap ondersoek 'n saak van moord nadat 'n bejaarde plaasbestuurder Dinsdagmiddag vermoor is. Polisiewoordvoerder, Brigadier Thembinkosi Kinana, sê die 68-jarige Asheck Makotore is op 'n groenteplaas aangeval. Hy sê die voorval is by die polisie aangemeld, en met hul aankoms het hulle die man met oop wonde tot sy bolyf aangetref. Makotore is na 'n plaaslike hospitaal gehaas, waar hy aan sy beserings beswyk het. Kinana sê die motief vir die aanval is in hierdie stadium onbekend, en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

EN

Sentraal Suid-Afrikaners word weereens deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens gewaarsku van weerstoestande wat kan lei tot die ontstaan en verspreiding van wegholveldbrande in dele van Noordwes en die Noord-, en Wes-Kaap. Die publiek word versoek om versigtig te wees en nié oop vure in die veld te begin nie, omdat dit maklik kan versprei. Veldbrande moet by die brandbeskermingsvereniging in die omgewing aangemeld word. Hierdie waarskuwing kom te midde van verwagte neerslae van 20mm en meer wat tot Saterdag oor dele van onder meer die Vrystaat, die oostelike dele van die Noord-Kaap en Noordwes kan voorkom. OFM-nuus het vroeër berig, volgens landbou.com, dat die swaarste neerslae veral oor die Vrystaat verwag word. Hierdie neerslae hou 'n risiko in vir koring se oesproses, omdat die nat, vogtige en bewolkte toestande vinnig gehalteprobleme kan veroorsaak.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.