On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS Landbou bekommerd oor veiligheid langs Lesotho-grens

───   ELSABÉ RICHARD 14:18 Tue, 02 Nov 2021

Landbounuus-podcast: VS Landbou bekommerd oor veiligheid langs Lesotho-grens  | News Article

Vrystaat Landbou het sy kommer oor die veiligheid van die landbougemeenskappe langs die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho uitgespreek.

Dit volg nadat OFM-nuus vroeër berig het dat drie plaaswerkers by die Balmacara-plaas in die Vanstadensrus-distrik deur vyf onbekende gewapende mans aangeval is. Vrystaat Landbou sê in 'n verklaring een van die werkers het weens sy beserings beswyk. Volgens Jakkals le Roux, Voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike Veiligheidskomitee, is die werkers deur vyf aanvallers van Lesotho geskiet. Die aanvallers het klaarblyklik oor die grens terugna Lesotho toe gevlug. Le Roux sê verder dat die plaas Balmacara al vir jare gekenmerk is as ? brandpunt-area vir oorgrensmisdaad-aktiwiteite, waar gesteelde voertuie, vee asook oorgrens-weiding byna daagliks plaasvind.

Intussen doen Vrystaat Landbou 'n ernstige beroep op die hoofde van die weermag, die polisie, die Ministers, en die President om voorkeur aan die situasie langs die grens te gee deur meer hulpbronne beskikbaar te stel om verdere lewensverliese te verhoed.

Jaco Minnaar, leierboer van die Vrystaat en die nuutverkose president van Agri SA, meen die plaaslike landbousektor het ? rooskleurige toekoms ondanks verskeie uitdagings. Volgens 'n artikel deur Senwes, is dit vir Minnaar, wat tydens Agri SA se jaarkongres verlede maand as president aangewys is, 'n voorreg, maar ook ? groot verantwoordelikheid om hierdie soort leierskap in landbou aan te pak. Hy neem die presidentskap oor vanaf Pierre Vercueil, wat vroeër vanjaar sy uittrede aangekondig het. Gedurende sy loopbaan by Agri SA het Vercueil onder andere as adjunkpresident diens gedoen alvorens hy in November 2019 die leisels by Dan Kriek oorgeneem het.

EN

Die Noordwes se landbou-organisasie, Agri Noordwes, sê hy is dankbaar vir die afgelope weke se reënval in die provinsie. Groot dele van die land het goeie neerslae ervaar, terwyl ander dele, soos in die Vrystaat, kitshaelstorms ervaar het wat veroorsaak het dat 'n jongboer meer as 250 vervangingsooie verloor het. Maroela Media het verlede Maandag berig dat dié boerdery groot finansiële skade gely het. Verder het Willem de Chavonnes Vrugt, president van Agri Noordwes, ook gedeel dat alhoewel hulle verheug is oor die reënval, hulle bekommerd is oor die dieselprys wat na verwagting op Woensdag 3 November na sowat R17 per liter sal styg. Van die boere is besig om te plant, en hoë insetkostes kan die plantseisoen negatief raak. Daarmee saam sê De Chavonnes Vrugt is beurtkrag ook 'n bron van kommer. Baie Suid-Afrikaners het hierdie sentiment gedeel. Dit, nadat Eskom verlede week fase 4 beurtkrag moes implementeer en weer teen Vrydag opgeskort het.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.