On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Parlement benodig tweederde meerderheid vir onteiening sonder vergoeding

───   14:20 Tue, 07 Dec 2021

Landbounuus-podcast: Parlement benodig tweederde meerderheid vir onteiening sonder vergoeding | News Article

Die Suid-Afrikaanse parlement benodig ‘n tweederde meerderheid om die grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding 'n uitdruklike grondwetlike mandaat van Suid-Afrika te maak.

Die Kommersiële Bestuurder van Vrystaat Landbou, dr. Jack Armour, sê as die wetsontwerp ‘n 66,7% stem kry, verdoem dit die kanse op ekonomiese herstel vir Suid-Afrika, wat reeds skeptiese beleggers wegjaag, beide plaaslik en vanuit die buiteland. In die geval van landbou, sal minder winste herbelê word in die groei van plaaslike landboubesighede.

Intussen doen Agri SA ‘n dringende beroep op die polisie om die veiligheid van die boerderygemeenskap te prioritiseer in die uitvoering van die Nasionale Veilige Feesseisoen Operasie, soos onlangs bekend gemaak deur die Minister van Polisie. Volgens Uys van der Westhuijzen, voorsitter Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid: Landelike Veiligheid, verwelkom Agri SA die aankondiging deur die Nasionale Polisiekommissaris dat die Landelike Beveiligingstrategie in dié tyd ingespan sal word om aanvalle op die boerderygemeenskap en veediefstal te hanteer. Boere lei groot verliese weens ‘n toename in produk- en inset-diefstal, sowel as plundering op plase, voeg Van der Westhuijzen by. Hy sê die polisie moet met erns op sulke klagte reageer en nie bloot passief toekyk sonder om die slagoffer se regt tot doeltreffende polisiëring in ag te neem nie.

EN

Die Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming in die Noord-Kaap sal 'n driedaagse bewusmakingsveldtog lei oor die onwettige handel in bedreigde plante en diere in die Namakwa-distrik. Volgens departementele woordvoerder, Zandisile Luphahla, is die Noord-Kaap die tuiste van 'n groot verskeidenheid plant- en dierspesies wat beskerm moet word. Luphahla sê dat die LUR, Mase Manopole, die veldtog tot Donderdag 9 Desember sal lei. Hy voeg by die veldtog sal in Garies begin en later na Kamieskron, Springbok en Steinkopf skuif. Die bewusmakingsveldtog volg in die nasleep van die onlangse toename in die onwettige handel van skaars en bedreigde spesies, wat volgens Luphahla 'n groot bedreiging vir biodiversiteit inhou. Hy voeg by dat hierdie onwettige aktiwiteite dikwels hand aan hand gaan met georganiseerde misdaadsindikate.




OFM-nuus/Lee Simmons

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.