Agriculture
Landbounuus-podcast: Inspeksiedienste vir graan en oliesadeonwettig volgens raad─── ELSABÉ RICHARD 14:23 Wed, 15 Dec 2021
Landbou.com berig die appèlraad, wat deur die direkteur-generaal van die nasionale Departement van Landbou aangestel is om die instelling van inspeksiedienste vir graan en oliesade te ondersoek, het bevind dat dit onwettig en onregverdig is.
Volgens die raad kan die voorgestelde tariewe nie rasioneel verbind word met die vermoë of pligte wat vir dié dienste benodig word nie. Die raad het vyf aansoeke ontvang nadat in 2016 aangekondig is dat Leaf Services deur die departement aangestel is om inspeksiedienste te lewer. Op 25 Junie is ’n inspeksietarief van R1,80 per ton vir onverwerkte graan en oliesaad, en 2c per brood in die Staatskoerant afgekondig. Die tarief sou op 12 Julie in werking tree.
In ‘n voortgesette poging om boere in droogtegeteisterde gebiede van die Noord-Kaap op hulle plase te hou, gaan die Save the Sheep-organisasie nog volstoom voort met verskeie projekte. Dié projekte sluit in die bak en verkoop van koekies deur boervroue om ‘n inkomste te verdien; ‘n speelgoed-projek vir kinders vir Kersfees, en ‘n veevoer-projek. Sybil Visagie, stigter van die droogtehulp-organisasie, het in November 2017 betrokke by droogtehulp geraak om die publiek bewus te maak van die vernietigende droogte in Sutherland en die Karoo.
EN
Dit is middel Desember, en Suid-Afrikaners beplan reeds hul spyskaarte vir die feestyd-braai. Maar Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB, sê egter dat Suid-Afrikaners se braai-begroting onder druk sal wees as gevolg van ‘n skerp styging in vleispryse, wat nuwe rekordvlakke in Desember bereik het. Maree sê verder daar word wel ‘n effense seisoenale daling in vleispryse aan die begin van volgende jaar verwag.
OFM-nuus
