On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Staat sal energie probleme in landbou ondersoek - Mabuza

───   11:40 Mon, 20 Dec 2021

Landbounuus-podcast: Staat sal energie probleme in landbou ondersoek - Mabuza | News Article
Adj. President David Mabuza

Adj. President David Mabuza het in die nasionale vergadering die versekering gegee dat die staat sal voortgaan om 'n wye reeks oplossings vir hernubare energie vir die landbousektor te ondersoek.

Landbou.com berig Mabuza het verder gesê dat Eskom met opkomende boere moet saamwerk, sodat hierdie boere ook kan baat vind by geleenthede soos son- en windenergie. Hy het geantwoord op 'n vraag van ANC-LP Manketsi Thlape, rakende wat die staat se planne is om kleinskaalse boere te help om die ongunstige effek van Eskom se onbetroubare energievoorsiening te versag, en om werkskepping te verwesenlik, aangesien die nasionale ontwikkelingsplan voorsien dat die landbousektor die potensiaal het om 'n miljoen werksgeleenthede teen 2030 te skep.

Die Kollege-werkersvakbond van Suid-Afrika (Cowusa) sê hulle gaan ‘n beroep op die minister van arbeid - Thulas Nxesi - doen, om vier plase in die Augrabies-omgewing naby Kakamas in die Laer Oranjerivier-streek van die Noord-Kaap te besoek, om haar van werkers se omstandighede te vergewis. Cowusa het bevestig dat plaaswerkers vandag hulle staking gaan verskerp, nadat van sy lede die naweek in hegtenis geneem is. Werkers beweer dat hul regte misken en geïgnoreer word. Cowusa se woordvoerder, Phomolo Maphela, sê plaaswerkers se lewens- en verblyfomstandighede is benard. Sommige beweer dat daar tot agt mense in een kamer woon, en dat almal midde-in die coronaviruspandemie dieselfde badkamer en kombuis moet gebruik. Maphela sê werkers word met afdanking gedreig wanneer hulle kla oor hul omstandighede. Die departement van arbeid het tydens hulle blitsinspeksies verskeie problem, onder meer werksomstandighede en behuising, uitgewys waar boere in die gebied gevra is om te verbeter.

EN

Die Vaaldam het die pas afgelope Saterdag 100% kapasiteit bereik. Vanaf 28 Oktober tot Saterdag is gemiddeld 202 mm reën in die Bloemfontein omgewing ervaar. Dit is volgens DA Magaung-raadslid, Rossouw Botes, wat aan OFM-nuus sê dat sommige gebiede buite Bloemfontein in die Vrystaat meer en sommige minder as vooraf genoemde hoeveelheid reën ontvang het. Botes sê vir die eerste keer in baie jare het die provinsie goeie reënval gedurende Desember gekry, wat damvlakke verhoog het.




OFM-nuus/Roderick Titus en Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.