On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Perd gestrand na vloede

───   ELSABÉ RICHARD 14:34 Mon, 03 Jan 2022

Landbounuus-podcast: Perd gestrand na vloede | News Article

Pogings om 'n perd te red wat tragies gestrand is op 'n eiland omring deur die Vaalrivier buite Barkly-Wes in die Noord-Kaap, sou Maandag om 14:00 hervat word.

Onder diegene wat die reddingspogings lei, is Ryno Griesel, wat aan OFM-nuus sê dat onlangse swaar reën en stygende watervlakke die dier se lewe in gevaar stel. Hierdie einste toestande het ook reddingspogings belemmer. Besorgde inwoners word van Maandag af bygestaan deur individue so ver as van Potchefstroom in Noordwes, met die reuse-reddingspoging wat Sondagmiddag opgeskort was. Inwoners het die naweek hulp versoek van individue met jetski's en enige ander reddingstoerusting om met die poging te help.

Intussen het die Oranjerivier die afgelope naweek sy piek bereik, met geen skade wat tot dusver in die Benede-Oranje-streek aangemeld is nie. Die rivier het volgens die Departement van Water en Sanitasie 'n vloei van meer as 2-miljoen kubieke meter per sekonde bereik by die Katlani watermoniteringspunt by Douglas in die Noord-Kaap. Woordvoerder vir die departement, Sputnik Ratau, waarsku dat die water tans baie sterk vloei. OFM-nuus se Roderick Titus berig Ratau sê mense moet liefs die rivier vermy, en enige wateraktiwiteite vir nou opskort.

EN

Daarmee saam raak versuipskade ’n groot probleem in die somerreënvalgebied met meer reën wat waarskynlik op pad is. Landbou.com berig miljoene rande se skade weens te veel reën is aan gewasse in die somerreënvalgebied aangerig met meer reën wat steeds voorspel word en die uurglas wat leeg loop om die versuipskade te beperk. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, sê versuipskade is ’n probleem in groot dele van die provinsie. Hy sê die skade is veral groot waar mielies later aangeplant is en die klein plantjies in die water staan. Daar is plekke waar boere glad nie in die lande kon kom om nog mielies of sonneblom te plant nie en daar is boere wat ook nie hulle koring kon stroop nie. Wilken voeg verder by dat koring wat vroeër pragtig gelyk het, tot voergraad verswak het.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.