On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Sprinkaanswerms hou padveiligheidsrisiko in

───   11:00 Tue, 04 Jan 2022

Landbounuus-podcast: Sprinkaanswerms hou padveiligheidsrisiko in | News Article
Foto: BBC

Padverbruikers word gewaarsku dat springkaanswerms wat vroeg in November 2021 uitgebroei het, nie net 'n vernietigende impak op gewasse en plantlewe het nie, maar het nou ook 'n padveiligheidskwessie geword.

Dié waarskuwing is vir motoriste in veral die Vrystaat, Noord-, Oos– en Wes-Kaap uitgereik. Sprinkaanswerms maak bestuurstoestande baie moeilik in sommige dele van Suid–Afrika en motoriste is aangesê om op hulle hoede te wees. Die publiek word aangeraai om springkaanswerms dadelik by die Departement van Landbou te rapprteer. Springkaanswerms kan ook by die plaaslike landbouverenigings soos Vrystaat Landbou en Agri Noord-Kaap aangemeld word. - Mia-leigh Cloete

Die Departement van Water en Sanitasie het gister twee bykomende sluise van die Vaaldam geopen om te help met vloedbestuur van die dam. Volgens die woordvoerder van die departement, Sputnik Ratau, was die Vaaldam Vrydag op 107,4% en gisteroggend op meer as 111%. Daar is nou altesaam vier sluishekke oop, en hulle sal oop bly totdat verdere aktiwiteit vereis word. Ratau sê die opening van die sluishekke sal die infrastruktuur teen ineenstorting beskerm.

EN

’n Boer van die Bosveld het trane van blydskap in sy oë gehad toe hy op Nuwejaarsdag ’n sesling ryker geword het. Netwerk24 berig een van Johan Marais se boerbok-ooie het ’n sesling gelam – iets wat sover bekend ’n baie seldsame verskynsel onder boerbokke is. Marais is ’n sakeman van Mahikeng in Noordwes wat op die plaas Jagersfontein boer. Hy sê hy het die vierjarige stoetooi op 9 Oktober verlede jaar van die Mariaan du Toit-stoetery buite Bloemfontein op ’n veiling in Vryburg gekoop. Sy was reeds dragtig met die ram Joko, wat kort daarna dood is. Die sesde lam van dié ooi is Maandag ongelukkig kort ná geboorte dood. Sy was baie klein. Die oorlewende vyf was vier ooitjies en een rammetjie.




OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.