On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Grondhervorming verdien ’n ‘Zondo-kommissie’

───   11:00 Fri, 07 Jan 2022

Landbounuus-podcast: Grondhervorming verdien ’n ‘Zondo-kommissie’ | News Article
Foto: Reuters

Grondhervorming in Suid-Afrika verdien ’n soortgelyke ondersoek as die Zondo-kommissie se ondersoek na staatskaping en korrupsie.

Landbou.com berig dit is volgens Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai wat byvoeg dat die organisasie hoop dat daar eendag ’n soortgelyke ondersoek van stapel gestuur sal word na die departemente wat vir grondhervorming en boerontwikkeling verantwoordelik was. Hy glo só ’n ondersoek behoort te konsentreer op die geldigheid en wetlikheid van grondeise wat tot transaksies van miljarde rande aanleiding gegee het. Dit behoort ook die begunstiging van lyste van mense wat uit daardie transaksies en landbou-ondernemings voordeel trek, onder ’n vergrootglas te plaas.

Swerms bruin sprinkane is in verskeie dorpe in die Noord-Kaap opgemerk. Die SAUK berig die provinsie sukkel sedert die einde van Oktober om bruin sprinkane onder beheer te kry, nadat goeie reën oor die provinsie geval het. Agri Noord-Kaap sê groot swerms kom voor vanaf Aliwal-Noord in die Oos-Kaap tot by Petrusville, De Aar en Phillipstown in die Noord-Kaap. Spanne van die Departement van Landbou is besig om die plaag te bestry. Sprinkane is in Noupoort, Colesberg, Phillipstown, Petrusville en Hopetown onder beheer gebring. Geen sprinkane is die afgelope 24 uur in die westelike deel van die Noord-Kaap opgemerk nie. OFM-nuus het gister berig dat Zandisile Luphahla, woordvoerder vir die Noord-Kaapse departement van landbou, sê hou 'n risiko vir boere en die breër publiek in.

EN

Nagenoeg 60% van gesaaides in die Wes-Vrystaat is weens vloedskade in gedrang. Die krisis is reeds onder die aandag van die regering gebring, sê Jakkals le Roux, verteenwoordiger van Vrystaat Landbou. Die organisasie vergader Dinsdag met die LUR'e van onder meer Landbou, en dié van Polisie, Paaie en Vervoer om die impak van die vloed en die verswakkende padinfrastruktuur te bespreek. Le Roux sê dringende ingryping in die Lejweleputswa-streek is nodig om boere in die vloedgeteisterde gebied te ondersteun, asook die in die Nala-munisipale regsgebied, wat die grootste mielieproduserende streke van Wesselsbron en Bothaville insluit.



OFM-nuus

  

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.