On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Aanplantings trek swaar weens weer

───   ELSABÉ RICHARD 14:25 Tue, 11 Jan 2022

Landbounuus-podcast: Aanplantings trek swaar weens weer | News Article
Photo: Bloomberg

Aanplantings trek swaar as gevolg van versuipings en erosie in groot dele van die land weens die baie reën wat die afgelope tyd geval het.

Dr. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, sê produksiekoste bly egter steeds hoog en insetkoste wat te hoog is, veroorsaak groot probleme vir produsente. Hy deel verder dat prysstygings, mieliepryse en ander faktore selfs kan lei tot kleiner oeste. Die oormaat van reën in sommige dele veroorsaak ook dat landbouers hul kostes so laag as moontlik sal moet hou. Hy voorspel ook dat daar 'n moontlikheid bestaan dat insetkostes hierdie seisoen redelik hoog sal bly.

Sommige distrikte in die Oos-Kaap het verlede jaar begin deur aansoek te doen vir droogtehulp, terwyl ander aan die einde van 2021 aansoek gedoen het om hulp met oorstromings. Landbou.com berig Garth Simpson, skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in dié provinsie, sê die Oos-Kaap het in 2021 taamlik interessante weerpatrone ervaar. Graaff-Reinet het in Desember ’n gemiddelde maksimum temperatuur van 28 grade aangeteken, die laagste sedert 1995. Simpson meen rekordreënval van 132 mm was grootliks hiervoor verantwoordelik. Intussen sê Peter Cloete, president van Agri Oos-Kaap, boere in die Oos-Kaap is dankbaar oor die La Niña-siklus omdat talle jare se droogte hulle baie swaar laat kry het.


EN


Vleispryse het nuwe rekord-vlakke in Desember bereik op die rug van ‘n veerkragtige seisoenale verbruikersvraag en beperkte voorsiening. Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) berig gunstige produksietoestande het die kuddeherbou-proses ‘n hupstoot gegee, wat die aanvraag na speenkalwers laat styg het sodat ‘n tekort aan voorrade vir beide slag- en voerkraalmarkte ondervind is. Beesvleispryse het in Desember ‘n historiese vlak van meer as R56/kg en R49/kg vir onderskeidelik Klas A- en Klas C-grade bereik, wat ongeveer 9% en 11% hoër is as die 2020-vlakke. Die lam- en skaapvleisprsye het verstewig tot meer as R89/kg en R71/kg onderskeidelik en die premium bo alle ander vleistipes behou.




OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.