On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere bepaal omvang van skade nadat damwal breek

───   ELSABÉ RICHARD 13:50 Wed, 12 Jan 2022

Landbounuus-podcast: Boere bepaal omvang van skade nadat damwal breek | News Article

Boere in die Welkom-distrik in die Vrystaat is steeds besig om die omvang van die skade aan graanlande en weiding te bepaal nadat ’n verdampingsdam, wat aan die plaaslike Sibanye-Stillwater-myn behoort, se walle einde Desember gebreek het.

Farmer's Weekly berig een van die boere wat daardeur geraak word en wie se plaas langs die dam geleë is, Lennox Long, sê die lande en weikampe op sy plaas is onder water weens die dam wat “meters diep” was. Hy het bygevoeg dat die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit na bewering rou riool in die dam gepomp het, wat die situasie vererger het. Geaffekteerde boere moes noodmaatreëls tref om vee uit oorstroomde kampe te ontruim omdat hulle bang was dat dit 'n gevaar vir die diere inhou. Die Sibanye-Stillwater-myngroep sê in 'n verklaring dat die groep besig is om die saak te ondersoek, deur onder meer monsters in die gebied te versamel en met alle belanghebbendes saam te werk om die potensiële impak te verstaan.

Die LUR vir Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming in die Noord-Kaap, Mase Manopole, het die oorgrens-inhegtenisname van nege verdagtes, wat in besit van bedreigde plantspesies gevind is, verwelkom. Die verdagtes, wat tussen die ouderdomme van 21 en 32 jaar oud is, is deur die Noord-Kaapse polisie, in samewerking met hulle Wes-Kaapse eweknie, in hegtenis geneem. OFM-nuus korrespondent, Roderick Titus, berig bedreigde plantspesies ter waarde van R150 000 en R200 000 is onderskeidelik in die verdagtes se besit gevind.

EN

Aanlynaansoeke vir die oudste, mees gesogte en grootste suiwelgebeurtenis in Suid-Afrika is nou oop en produsente word uitgenooi om in te skryf. Breyton Milford, Agri-Expo se Operasionale Bestuurder, sê die kompetisie, wat sedert 1834 deur Agri-Expo aangebied word, is oop vir groot, medium en klein suiwelvervaardigers. Hy sê dié kompetisie spog met meer as 100 klasse vir kaas, jogurt, melk, room, roomys, botter en ander suiwelprodukte waarvoor vervaardigers kan inskryf.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.