On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is vandeesweek se lewendehawe pryse

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 20 Jan 2022

Hier is vandeesweek se lewendehawe pryse | News Article
Foto: Sernick

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe.

Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings.

Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. 

Sien onderstaande PODCAST

Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R44,31 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R41,64, en speenkalwers oor 250kg, teen R40,48 per kg verkoop het.

Ander veilingspryse vir beeste: 

A-klas beeste
R31,36 per kg






B-klas beeste
R27,04 per kg






C-klas vet koeie
R26,13 per kg






Maer koeie
Wissel tussen R19,00 en R23,50 per kg

Slagbulle
R27,00 per kg






Skape







Stoorlammers
R44,09 per kg






Slaglammers
R39,44 per kg






Stoorskape
R33,87 per kg






Vetskape
R32,77 per kg






Bokke







Lammers
R60,66 per kg






Ooie
R40,67 per kg







Vir meer inligting besoek vleisprys.co.za.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.