Agriculture
SA wolmark verlede week swakker presteer─── 05:00 Mon, 31 Jan 2022
Die Suid-Afrikaanse wolmark het verlede week verswak en dit kan toegeskryf word aan die versterking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede.
Sien onderstaande PODCAST
Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die verswakking kan ook toegeskryf word aan die feit dat die samestelling van die aanbieding meer uit medium-lengte wol bestaan het, in vergelyking met die vorige veiling.
Wol wat hierdie week in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 12,7% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Dit wil voorkom dat die rede hiervoor die langdurige droogte van die afgelope paar jare is, sê Victor.
Hy deel dat volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, weer eens goeie aandag geniet tydens die veiling. Dit, terwyl gesertifiseerde wol ook beter presteer het as die markgemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehad het.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 2 Februarie 2022 geskeduleer.
OFM-nuus
