Agriculture
Turksvye: 'n Veeldoelige gewas─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 01 Feb 2022

Die potensiaal van turksvye is feitlik eindeloos - tot olie kan uit sy pitte gepars word wat vir die behandeling van brandwonde gebruik kan word.
Dr Stoffel du Toit, eienaar van die plaas Smousdam, waar ‘n turksvyoes-inligtingsdag verlede Vrydag plaasvind het, sê verder omdat Suid-Afrika ‘n land is wat van tyd tot tyd droogte ervaar, kan turksvyblare in veevoer omskep word vir beeste en skape in tye van skaarste.
Sien onderstaande PODCAST
Smousdam is net buite Hopetown in die Noord-Kaap geleë en dis waar die hele spektrum van die totale turksvyplant tot veevoerblokke met besoekers bespreek is.
Onderwerpe wat onder die soeklig geplaas is, sluit in die onttrekking van pitte vir olie, preservering van vrugtepulp en skille as energiebron en die gebruike van blaaie wat gesnipper, gedroog en vir mieliemeelvervanging aangewend kan word.
Die ontrekking van olie uit turksvypitte is volgens Du Toit nog ‘n nuutjie in Suid-Afrika en dit skep ‘n nuwe mark om te verken en om oor navorsing te doen. Hierdie olie is baie goed vir brandwonde en word selfs in die kosmetiese bedryf gebruik.
Du Toit deel dat hulle ‘n klompie boere is wat betrokke geraak het by die groei van turksvye en dat daar verkillende rigtings is wat hierdie boere besig is om die turksvye te ontwikkel.
Met die hulp van die Universiteit van die Vrystaat, het Du Toit begin voer maak vir beeste en skape met die pulp en selfs die skille van die turksvy. Saam het hulle produkte ontwikkel in ‘n poging om die hele turksvy te benut.
“Nou klink dit oorbodig in ‘n grasgroen Karoo waar ons onsself nou bevind, maar ons is ‘n land van droogtes en van tyd tot tyd gaan dit weer droog wees, en daar gaan weer ‘n tekort aan veevoer wees om diere aan die gang te hou.”
OFM-nuus