On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Sentraal SA produsente gewaarsku teen onkruid

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 02 Feb 2022

Sentraal SA produsente gewaarsku teen onkruid | News Article
Foto: senwes.co.za

Die palmer amarant-onkruid hou ‘n geweldige groot risiko vir gewasprodusente in.

Hierdie onkruid is reeds op een plaas in Potchefstroom in die Noordwes ontdek en daar ontstaan ‘n vermoede dat dit op sommige plase in die Vrystaat begin posvat. 

Sien onderstaande PODCAST

Die palmer amarant-plant is in 2018 op ‘n plaas in die omgewing van Douglas in die Noord-Kaap ontdek. Dié ontdekking is gemaak omdat boere soos gewoonlik die onkruid probeer beheer het met glifosaat en het agtergekom dat die glifosaat, en selfs ander onkruiddoders, nie die plant kon vernietig nie.

Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife Suid-Afrika vertel dat dit toe die vermoede laat ontstaan het dat dit wel die palmer amarant-plant is wat totaal weerstandig teen glifosaat en teen ten minste vyf ander groepe onkruiddoders is.

Die plant groei baie aggressief en kan tot 600 000 sade op ‘n slag produseer. As dit afgekap word dan spruit dit weer uit en groei voort. Dit groei tot so hoog soos 3 tot 4 meter lank en maak stamme van 15cm dik.

Die teorie is dat hierdie onkruid homself in Suid-Afrika gevestig het toe dit saam met tweedehandse landboutoerusting uit Amerika ingevoer is.

Verdoorn maan boere om op die uitkyk te wees vir hierdie onkruid en dat samewerking broodnodig is om die verspreiding van palmer amarant te voorkom. 

Indien produsente ‘n vermoede het dat palmer amarant op hulle plase groei, kan hulle ‘n foto van die plant neem en dit na CropLife Suid-Afrika se WhatsApp noodnommer stuur - 082 446 8946. 

Verdoorn versoek ook dat die produsent die plaas se naam en sy epos-adres saam met die foto stuur. Hy sal dan ook ‘n uitwissingsplan en identifikasiegids na die boer stuur en sal ook die plantwetenskaplikes in kennis stel hiervan om uit te gaan na die plaas om te kyk of dit wel palmer amarant is.



OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.