Agriculture
Landbounuus-podcast: Brandstof beïnvloed insetkoste─── ELSABÉ RICHARD 15:39 Tue, 01 Feb 2022
Die effense verligting wat Suid-Afrikaners in Januarie by petrolpompe ervaar het, was van korte duur met brandstofpryse wat weer om middernag Dinsdag sal styg.
Dr. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, sê die stygings in brandstofpryse kan problematies vir insetkostes wees en die verhoogde rentekoerse bemoeilik dit verder. Brandstofpryse van buurlande, wat hulle brandstof uit Suid-Afrika invoer, is baie goedkoper en dit vererger die uitdagings wat veral landbou in die gesig staar. Die voorgestelde pryse tans is byna 'n 30%-verhoging teenoor tien jaar gelede. Maré sê verder, alhoewel daar aanduidings vanaf die regering was dat brandstofpryse hersien sal word, is daar nie 'n aanduiding van hoe vinnig dit sal gebeur of hoeveel verligting daar sal wees nie.
‘n Investasie van nagmuise in ‘n landery het die vermoë om die landery tot so ‘n mate uit te wis dat die boer tot drie keer na mekaar oor moet plant. Dit is volgens dr. Gerhard Verdoorn van CropLife Suid-Afrika, wat produsente aanraai om van wettige knaagdierdoders wat vir nagmuise geregistreer is, gebruik te maak wanneer hulle poog om van nagmuise in landerye ontslae te raak.
EN
Die sentrale en westelike dele van die Noord-Kaap kan tot Donderdag heelwat reën verwag, en baie reën word van
Donderdag af oor die noordoostelike dele van Suid-Afrika voorspel. Volgens Landbou.com het die tropiese storm Ana se laaste oorblyfsels die naweek swaar reën oor dele van Namibië veroorsaak met sowat 100 mm wat in die distrik Grootfontein geval het. Wat die noordoostelike dele van Suid-Afrika betref, word baie min reën tot ongeveer Vrydag oor die noordoostelike dele verwag.
OFM News
