On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 02 Feb 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: select.timeslive.co.za

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend swakker verhandel met 'n styging van 1,6%.

Mielie-uitvoer het gedaal tot 1 036 374 ton vir die week wat op 27 Januarie geëindig het.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het gisteroggend met 'n aansienlik sterker neiging vir beide wit- en geelmielies verhandel. Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R74/ton (+ 2,1%) sterker verhandel en teen R3 666/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R78/ton (+ 2,1%) sterker verhandel en teen R3 768/ton gesluit.


Sojaboon:

Die CBOT-sojabonekontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend aansienlik sterker verhandel met 'n 1,4% styging.

Die USDA-uitvoerinspeksies het hoër week-tot-week sojaboonsyfers van 1 318 329 ton aan die lig gebring. Die kumulatiewe totaal is steeds ver agter verlede jaar se pas, en staan op 36 278 928 ton.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het gisteroggend in die groen geopen. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R141/ton (+ 1,7%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R8 318/ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend aansienlik swakker verhandel met 'n daling van 3,2%.

Die USDA-uitvoerinspeksies het 'n week-tot-week uitvoervermindering gesien, wat tot 337 837 ton gedaal het. Die kumulatiewe totaal vir die 2021/22-bemarkingseisoen is steeds laer as verlede jaar se tempo van 12 687 969 ton.

Die binnelandse koringkontrakte het geopen met 'n sterker tendens in die kontrakpryse. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R12/ton (+ 0,20%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 042/ton.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.