On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 08 Feb 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het nog ‘n positiewe verhandelingsessie ervaar met die mielieprys wat met 2,5% gestyg het ná ‘n rondte tegniese aankope.

Droë weerstoestande in Brasilië is die rede vir hierdie verhoging met Argentinië wat verder produksie kan stuit.

Plaaslik: Die plaaslike mark het Maandag goed presteer met beide wit- en geelmielies wat sterk gesluit het. Witmielies het gemiddeld met R48/ton gestyg en geel mielies met R51/ton.

Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie 2022 R71/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 756/ton te sluit. Die witmieliekontrak het vir lewering in Julie R57/ton hoër verhandel om teen R3 649/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het sy sterk vertoning voortgesit en het Maandagaand 2% versterk.

Die Brasiliaanse sojaboonoes is 16% voltooi, 4% vinniger as die vorige seisoen.

Plaaslik: Die plaaslike mark het ‘n baie sterk dag ervaar met al die gelyste kontrakte wat met R100 en meer toegeneem het. Hierdie toename is weens ‘n sterk Amerikaanse mark met ‘n verswakte Rand-Dollar wisselkoers.

Die sojaboon Januarie ’22-kontrak het R244/ton hoër verhandel teen R8 800/ton. Die sojaboon Maart ’22-kontrak het R175 hoër teen R8 701/ton verhandel. Die soja Mei ’22-kontrak het teen R8 641/ton - R185 hoër - verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Maandag ‘n positiewe dag ervaar met ‘n prysstyging van 1% ná ‘n rondte tegniese aankope met oorspoel vanaf mielies en sojabone wat die mark ondersteun het.

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het ook ‘n goeie verhandelingsessie ervaar met al die gelyste kontrakte wat teen ‘n wins gesluit het.

Die koring Februarie '22-kontrak het teen R5 990/ton verhandel. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R6 074/ton verhandel.


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.