On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Wenke vir die aankoop van insetmiddele

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 14 Feb 2022

Wenke vir die aankoop van insetmiddele | News Article
Foto: sagrainmag.co.za

Die aankoop van ongetoetste en ongeregistreerde insetmiddele kan rampspoedig vir ‘n graanprodusent wees.

Corné Louw, Hoof van Tegniese Ekonomie en Lededienste by Graan SA, raai boere aan om eers navorsing en navrae te doen vóór hulle enige insetmiddel aankoop. 

Dit kan hulle op die lang termyn baie geld bespaar. 

Sien onderstaande PODCAST

Louw waarsku dat goedkoop-koop in baie gevalle duur-koop kan wees omdat hierdie produkte gewoonlik nie getoets is of deur die nodige registrasieprosesse gegaan het nie.

Omdat produsente miljoene rande per jaar bestee met die hoop op goeie oeste, is dit van uiterse belang dat insetmiddele wat geregistreer en getoets is, gebruik moet word.

Suid-Afrika het goeie sisteme in plek van hoe om middele vry te stel in die land. Daar is ‘n proses van toetsing en proewe, sowel as registrasieprosesse om hierdie produkte wettig te kan gebruik.


Louw se wenke vir die aankoop van insetmiddele sluit in:

  • Maak seker dat die maatskappy by wie die insetmiddel aangekoop word, betroubaar en bekend is;
  • Hou rekord van alle aankope;
  • Maak seker dat jy 'n kwaliteitproduk aankoop;
  • Moet nie nuwe produkte op groot skaal gebruik nie;
  • Maak seker dat die middele aan die land se wette voldoen, geregistreer en getoets is; en
  • Maak seker jy betaal die regte markpryse vir die insetmiddele. Kry kwotasies by verskeie maatskappye om te verseker dat jy die beste prys vir die produk betaal.

Louw raai ook produsente aan om hul bure te raadpleeg oor die pryse wat hulle vir insetmiddele betaal en waar hulle dit aankoop.

Met die hoë kostes van kunsmis deesdae, raai Louw ook produsente aan om insetmiddele saam as ‘n groep aan te koop.



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.