On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   08:15 Tue, 15 Feb 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: stewardsglobe.com

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend swakker verhandel met 'n styging van 1,5%. Die USDA sou gister die weeklikse uitvoer-inspeksieverslag vir die week vrystel wat op 11 Februarie eindig.

Die Buenos Aires-graanbeurs het sy vooruitskattings vir Argentinië se mielieproduksie in 2021/22 met meer as 5 994 717 ton verminder.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het gisteroggend met 'n sterker neiging vir beide wit- en geelmielies verhandel. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R46/ton (+ 1,28%) sterker verhandel en teen R3 645/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R47/ton (+ 1,26%) sterker verhandel en teen R3 778/ton gesluit.


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend aansienlik sterker verhandel met 'n 0,6% styging. Die USDA sou gister die weeklikse uitvoer-inspeksieverslag vir die week vrystel wat op 11 Februarie eindig. Safras & Mercado, 'n Brasiliaanse Agri-konsultasiemaatskappy, het sy voorspellings vir Brasilië se sojaboonproduksie in 2021/22 met meer as 4 648 445 ton verlaag vanaf Januarie-ramings.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het gisteroggend in die groen verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R52/ton (+ 0,6%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R8 700/ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend aansienlik sterker verhandel met 'n daling van 3,4%. Die USDA sou gistermiddag die weeklikse uitvoer-inspeksieverslag vir die week vrystel wat op 11 Februarie eindig.

Die binnelandse koringkontrakte het gisteroggend in die groen verhandel vir meeste van die naaste kontrakmaande. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R86/ton (+ 1,43%) hoër verhandel om uiteindelik op R6 066/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.