On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 16 Feb 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: welstand.solidariteit.co.za

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend sterker verhandel met 'n styging van 0,7%.

Maandag het die USDA die weeklikse uitvoer-inspeksieverslag vir die week, wat op 10 Februarie eindig, vrygestel. Vir die week  wat eindig op 10 Februarie, is 'n totaal van 1 455 106 ton mielies vir uitvoer geïnspekteer, soos deur die USDA gerapporteer. Die kumulatiewe totaal vir die huidige bemarkingsjaar beloop 20 064 194 ton. Die topbestemming was China (413 562 ton) gevolg deur Mexiko (172 900 ton) en El Salvador (111 035 ton).

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het gisteroggend met 'n swakker neiging vir beide wit- en geelmielies verhandel. Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R12/ton (- 0,33%) laer verhandel en teen R3 629/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R6/ton (- 0,16%) swakker verhandel en teen R3 767/ton gesluit.


Sojaboon:

Die CBOT-sojabonekontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend marginaal swakker verhandel met 'n prysdaling van 0,8%. Maandag het die USDA die weeklikse uitvoer-inspeksieverslag vrygestel vir die week wat op 10 Februarie eindig. In totaal is 1 154 958 ton sojabone vir uitvoer geïnspekteer, soos gerapporteer deur die USDA. Die kumulatiewe totaal vir die huidige bemarkingsjaar beloop 38 380 354 ton. Die topbestemming was China (507 611 ton), gevolg deur Italië (124 027 ton).

Die binnelandse sojaboonkontrakte het gisteroggend in die rooi verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R108/ton (- 1,24%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R8 600/ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste verhandelingsmaand het gisteroggend met 0,2% gestyg. Maandag het die USDA die weeklikse uitvoer-inspeksieverslag vir die week, wat op 10 Februarie eindig, vrygestel. In totaal is 435 188 ton koring vir uitvoer geïnspekteer, soos gerapporteer deur die USDA. Die kumulatiewe totaal vir die huidige bemarkingsjaar beloop 14 483 734 ton. Die topbestemming was Mexiko (71 324 ton), gevolg deur Taiwan (67 946 ton).

Die binnelandse koringkontrakte het gisteroggend gemeng verhandel vir meeste van die naaste kontrakmaande. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R96/ton (- 1,58%) laer verhandel om uiteindelik op R5 970/ton te sluit.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.