On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 21 Feb 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend sterker verhandel met 'n 0,5%-styging.

Die USDA het Donderdag hul uitvoerverkope gepubliseer. Die uitvoerverkope van VSA mielies het tot 'n bemarkingsjaarhoogtepunt van 1 618 065 ton gespring. Mexiko was die nr. 1 bestemming, met 477 545 ton.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Vrydagoggend met 'n algemene afwaartse neiging vir beide wit- en geelmielies verhandel. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R6/ton (- 0,18%) laer verhandel en teen R3 637/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R0/ton (+ 0,00%) verhandel en teen R3 763/ton gesluit.

SAGIS het Donderdagmiddag die weeklikse invoer- en uitvoersyfers vir die week, wat op 11 Februarie eindig, bekend gemaak. Altesaam 12 416 ton witmielies is uitgevoer, asook 'n totaal van 50 142 ton geelmielies. Die witmielies is hoofsaaklik uitgevoer na buurlande, na Namibië (5 855 ton) en Botswana (3 852 ton). Geelmielies is grootliks na Taiwan uitgevoer (44 157 ton), met kleiner hoeveelhede wat na Angola (2 079 ton) en Eswatini (1 582 ton) verskeep is.


Sojaboon:

Die CBOT-sojabonekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend effens sterker verhandel met 'n prysstyging van 0,3%.

Sojaboon-uitvoerbesendings het week-tot-week 7% laer gedaal - 19% onder die vorige vier weke gemiddelde, tot 1 132 899 ton. China was die nr. 1 bestemming met 538 508 ton.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydagoggend sterker verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R30/ton (+ 0,34%) hoër verhandel om uiteindelik op R8 820/ton te sluit.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend met 'n styging van 2,3% gestyg.

Koring-uitvoerbesendings het beter gevaar, met 9% meer as die vorige vier weke-gemiddelde tot 383 560 ton. Mexiko was die topbestemming, met 86 364 ton.

Die binnelandse koringkontrakte het Vrydagoggend in die gemeng verhandel vir meeste van die naaste kontrakmaande. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R14/ton (+ 0,24%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R5 969/ton.

SAGIS het Donderdagmiddag die weeklikse invoer- en uitvoersyfers vir die week wat op 11 Februarie eindig, bekend gemaak. Altesaam 49 375 ton koring is ingevoer. Koring is hoofsaaklik ingevoerde buurlande, na Argentinië (28 949 ton) en Australië (20 426 ton).

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.