On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: R17 miljard vir Landbou begroot

───   ELSABÉ RICHARD 14:08 Thu, 24 Feb 2022

Landbounuus-podcast: R17 miljard vir Landbou begroot | News Article

Die nasionale departement van landbou se begroting vir die 2022-’23-boekjaar is net meer as R17 miljard.

Landbou.com berig die herlewing van noodsaaklike landbou-infrastruktuur, verbeterde landbouproduksie, die versnelling van grondhervorming en die afhandeling van restitusie-eise is van die hoofprioriteite waarop die departement van landbou oor die mediumtermynbestedingsraamwerk gaan konsentreer. Daar word beoog om 10 000 voorligtingsbeamptes in diens te neem teen ’n koste van R936 miljoen via die toelae vir die omvattende landbousteunprogram. Hierdie belegging sal gekomplementeer word deur die vernuwing van landbou-infrastruktuur. Die plan is ook om 21 varsproduktemarkte reg oor Suid-Afrika en vyf besproeiingskemas op te knap.

Intussen verwelkom Agri SA die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se aankondiging tydens die begrotingsrede dat daar in kritieke infrastruktuur belê gaan word. Die organisasie sê die befondsing vir veral SANRAL is ’n welkome aankondiging, asook die belegging in Suid-Afrika se waterinfrastruktuur, wat R2,1 miljard vir die vergroting van die Clanwilliam-dam insluit. Daarmee saam berig OFM-nuus se Elsabé Richard dat Agri SA ook die R5 miljard-gebeurlikheidsreserwes vir die Landbank, die besluit om nie die algemene brandstofheffing of die Padongelukkefondsheffing te verhoog nie, asook die korporatiewe belastingvermindering wat in 2023 in werking tree, verwelkom.

EN

Voorbereidings vir vanjaar se Bloemskou is goed op dreef met ‘n propvol program, gevul met onder meer pret- en landbouprogramme aan die orde van die dag. Elmarie Prinsloo, hoof uitvoerende beampte van Bloemskou, sê die skou skop ná twee jaar amptelik op 27 April af en duur tot 7 Mei. Verskillende rasgenootskappe kry tydens die jaarlikse Bloemskou die geleentheid om hulle kampioenskappe aan te bied. Boere en telers kry ook die geleentheid om bymekaar te kom en kennis en inligting uit te ruil.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.