On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Rusland/Oekraïne konflik hou voor- en nadele vir SA in - Kenner

───   ELSABÉ RICHARD 13:48 Mon, 28 Feb 2022

Landbounuus-podcast: Rusland/Oekraïne konflik hou voor- en nadele vir SA in - Kenner | News Article

Die konflik wat tans tussen Rusland en die Oekraïne aan die gang is, hou kort- en langtermyn implikasies - beide negatief en positief - vir Suid-Afrikaners in.

Dr. Kobus Laubscher, ‘n landbou-ekonoom, sê aan OFM-nuus dat Afrika nie 'n groot mark in Rusland het nie. Rusland neem sowat 7% van Suid-Afrika se sitrusuitvoer en sowat 12% van Suid-Afrika se appels en pere wat uitgevoer word. Die groter waarde van Rusland en die Oekraïne lê egter in hulle vermoë om internasionale graanmarkte te beïnvloed. Laubscher voeg by dat beide hierdie lande ‘n groot aantal mielies en sonneblomolie uitvoer. Suid-Afrika voer veral baie koring en sonneblomolie in vanaf die Oekraïne. Laubscher sê vir plaaslike produsente beteken hierdie prysstygings ook goeie nuus. Dit, omdat ‘n verswakkende Rand beteken dat binnelandse pryse vir dié landboukommoditeite ook styg op uitvoerpariteit. Die teenoorgestelde hiervan is egter dat die prys van ingevoerde koring nou gaan verhoog. Dit sal tot gevolg hê dat alle produkte wat van koring gemaak word, verhoog sal word.

Die nuwe Nasionale Minimumloon van R23,19, wat vanaf R21,69 verhoog is, skop Dinsdag 1 Maart in werking. Dit volg nadat die Departement van Indiensneming en Arbeid verlede maand aankondiging het dat die nasionale minimumloon met 6,9% verhoog gaan word. Dié aankondiging het kommer in die landboubedryf gewek, met kenners wat sê hulle is bekommerd oor die vermoë van baie produsente om die lone te bekostig en hoe dit werkskepping gaan beïnvloed. Produsente moes reeds hoë insetkoste absorbeer, wat wissel van kunsmis, brandstofpryse, elektrisiteitsprysstygings en die dubbelsyferverhoging van die minimumloon in 2021. Brandstofpryse sal na verwagting wéér vandeesweek styg.

EN

Die Noord-Kaap het meer as 730 000 hektaar meentgrond, wat hoofsaaklik vir vee- en saaiboerdery deur boere in die provinsie gebruik word. Hierdie antwoord deur die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, kom nadat die DA se Noko Masipa in 'n geskrewe vraag wou weet wat die omvang van en huidige gebruik van die meentgrond is. Didiza het verder bygevoeg dat die meentgrond aan verskeie munisipaliteite in die Noord-Kaap behoort, wat begunstigdes sal bystaan indien daar 'n behoefte aan waterregte sou ontstaan.





OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.